Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/01 bl. 3
  • Deel met ander na gelang van hulle behoeftes

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Deel met ander na gelang van hulle behoeftes
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe word dit alles gefinansier?
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—2000
  • Hoe Koninkryksbedrywighede gefinansier word
    God se Koninkryk regeer!
  • Hoekom moet ons gee aan die Een wat alles het?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2001
km 5/01 bl. 3

Deel met ander na gelang van hulle behoeftes

1 Jehovah voorsien in ons geestelike behoeftes deur middel van die getroue “slaaf” (Matt. 24:45-47). Baie van hierdie voorsienings is in die vorm van boeke, Bybels, bundels, video’s, oudiokassette en rekenaarskywe vir Bybelnavorsing. Jehovah voorsien altyd in ons behoeftes sonder om verkwistend te wees. Hy verwag dat ons met mekaar moet deel en moet seker maak dat almal ewe veel by sy voorsienings baat vind.

2 Al hierdie voorsienings word teen ’n geweldige finansiële koste verskaf. Hierdie onkoste word deur die wêreldwye broederskap gedra. Dit is veral waar sedert die organisasie die reëling ingestel het om lektuur kosteloos te versprei en geheel en al op vrywillige bydraes staat te maak om die onkoste te dek. Daarbenewens verkry baie takkantore hierdie voorsienings van die Genootskap teen ’n prys wat die broers in staat stel om te kry wat hulle vir vergaderinge en die velddiens nodig het, al het hulle materieel baie min.

3 Hoe ons kan help: Ons kan ag slaan op Paulus se aansporing om met ander te deel “na gelang van hulle behoeftes” (Rom. 12:13). Wanneer ons finansiële bydraes vir die wêreldwye werk maak, deel ons in werklikheid wat ons het met ons broers regoor die wêreld. Met dit in gedagte het sommige besluit om ’n bedrag opsy te sit om elke maand vir die wêreldwye werk by te dra, net soos hulle vir die uitgawes in verband met die Koninkryksaal doen. Hulle besef dat hierdie fondse nie net gebruik word om lektuur te druk nie, maar vir alle fasette van die werk. Stel jou voor hoe ons wêreldwye broederskap daarby baat sal vind as meer van ons gereeld op hierdie manier met ander kan deel.

4 Ons kan ook met hulle deel deur verstandig te werk te gaan wanneer ons items aanvra wat vir ons geredelik beskikbaar is. As ons slegs bestel wat ons werklik nodig het, kan ons broers elders ook die geestelike voorsienings ontvang wat hulle nodig het om sterk te bly en die verkondiging van die goeie nuus in hulle deel van die wêreld te bevorder.—Heb. 13:16.

5 Ons moet dit veral in gedagte hou wanneer ons items aanvra wat die Genootskap baie kos om te vervaardig. Dit sluit dinge in soos video’s, CD-ROM’s, groot naslaanboeke, gebonde boeke en oudiokasset-intekeninge. Kan die hele gesin eerder met net een item klaarkom, as om een vir elke gesinslid aan te vra? As ons nie te veel vir onsself neem nie, sal dit vir ander moontlik wees om dieselfde goeie dinge te verkry wat ons geniet.—Fil. 2:4.

6 Die koste van die lektuur wat ons in die veld versprei, word gedeeltelik gedek deur bydraes wat ons by die Koninkryksaal vir die Genootskap se wêreldwye werk gee en deur belangstellendes wat lektuur neem. Maar wanneer dit kom by lektuuritems wat ons vir onsself aanvra, soos liedereboeke, jaarboeke, luukse Bybels, ensovoorts, kan ons nie verwag dat buitestanders die koste daarvoor moet dek nie. Jehovah se toegewyde knegte is die hoofbron van hierdie finansiële ondersteuning. Met dit in gedagte skat baie verkondigers wat hierdie items in ’n winkel sou gekos het, en dan dra hulle in ooreenstemming daarmee by. Byvoorbeeld, ’n luukse-uitgawe van die Bybel met goue rande kan maklik R150 of meer kos, ’n naslaanboek kan R300 en meer wees, ’n volkleur-muurkalender kos ten minste R40, ’n ensiklopedie op CD-ROM kos tussen R400 en R800 of meer, musiek-CD’s kos dikwels by die R100 en sommige video’s word dikwels vir heelwat meer verkoop. As ons nie genoeg bydra om die koste te dek nie, sal dit uiteindelik beperk wat die organisasie andersins ter bevordering van die wêreldwye werk kan doen.

7 Jesus het gesê dat sy ware dissipels duidelik geïdentifiseer sal word deur hulle liefde vir mekaar (Joh. 13:34, 35). Ons vrygewigheid op materiële gebied en die onselfsugtige wyse waarop ons met ander volgens hulle behoeftes deel, is ongetwyfeld goeie maniere om te toon dat ons ware Christene is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel