Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/96 bl. 1
  • Ons bied ons gewillig aan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons bied ons gewillig aan
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe ons ons gewillig vir elke goeie werk kan aanbied
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Maniere om jou bediening uit te brei
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • “Soek eers die koninkryk”
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Voortdurende vermeerdering vereis die vereenvoudiging van prosedures
    Ons Koninkryksbediening—1986
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1996
km 12/96 bl. 1

Ons bied ons gewillig aan

1 Die psalmis Dawid het voorspel dat Jehovah se volk ‘hulle gewillig sal aanbied’; dit wil sê as “vrywilligers wat onmiddellik optree” (Ps. 110:3, voetnoot in NW). Dit word beslis onder ons wêreldwye gemeenskap van broers vervul. Gedurende elk van die afgelope vier diensjare het Jehovah se volk meer as ’n miljard uur aan die verkondiging van die goeie nuus van die Koninkryk bestee. En benewens die predikings- en dissipelmaakwerk is daar baie maniere waarop ons ons gewillig kan aanbied om ander te help.

2 Maniere waarop ons ons gewilligheid kan toon: Party in die gemeente het dalk hulp nodig om by die vergaderinge te kom. Waarom bied jy nie aan dat hulle saam met jou kan gaan nie? Ander is miskien ongesteld, sieklik of in die hospitaal. Kan jy die inisiatief aan die dag lê om hulle te besoek of op die een of ander manier bystand verleen? Daar is dalk ’n individu of ’n gesin wat aanmoediging nodig het. Het jy al daaraan gedink om hulle te nooi om af en toe julle gesinstudie by te woon? ’n Pionier of ’n verkondiger het dalk ’n velddiensmaat nodig. Waarom bied jy nie aan om saam met hulle velddiens te doen nie? Dit is van die maniere waarop ons vrywillig goed kan doen aan dié wat in die geloof aan ons verwant is.—Gal. 6:10.

3 Broers kan toon dat hulle gewillig is om in Jehovah se organisasie gebruik te word deur daarna te streef om aan die vereistes vir ouer manne en bedieningsknegte te voldoen (1 Tim. 3:2-10, 12, 13; Tit. 1:5-9). Namate ons getalle toeneem, is daar ’n behoefte aan bekwame broers wat gewillig is om die leiding te neem in die predikings- en onderrigtingswerk en om toesig te hou oor die gemeentes.—1 Tim. 3:1.

4 Miskien kan party van ons ons in ’n groter mate vir Jehovah se diens beskikbaar stel deur van tyd tot tyd as hulppioniers te dien. Dalk kan ons dit ook, met ’n paar redelike aanpassings in ons rooster, voltyds doen of selfs die gewone pionierdiens betree. Is ons omstandighede van so ’n aard dat ons na ’n gebied kan verhuis waar daar meer hulp nodig is? Kan ons ons beskikbaar stel om by Bethel te dien en sodoende direk tot die uitbreiding van die wêreldwye werk bydra? Baie word ook gedoen om Koninkryksale, Byeenkomssale en takfasiliteite regoor die wêreld te bou, waar die gewilligheid om te werk baie nodig is. Diegene wat hulle aangebied het om hierdie goeie werke te doen, word baie waardeer en word ryklik geseën!—Luk. 6:38.

5 Ons lewe in opwindende tye. Jehovah verrig, deur middel van sy gees, ’n wonderbaarlike werk op die aarde met sy gewillige volk! Wanneer Jehovah ons ook al, deur sy organisasie, uitnooi om meer in die Koninkrykswerk te doen, sal dit goed wees as ons ons afvra: ‘Bied ek my steeds gewillig aan?’ Dan moet ons ons hart en omstandighede biddend ondersoek. Ons godvrugtige toegewydheid sal ons beweeg om alles moontlik in heilige diens te doen en so Jehovah se hart baie bly te maak!—Sef. 3:17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel