Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/96 bl. 2-7
  • Diensvergaderinge vir Desember

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Desember
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 2 Desember
  • Week wat begin met 9 Desember
  • Week wat begin met 16 Desember
  • Week wat begin met 23 Desember
  • Week wat begin met 30 Desember
Ons Koninkryksbediening—1996
km 12/96 bl. 2-7

Diensvergaderinge vir Desember

LET WEL: In Ons Koninkryksbediening verskyn daar ’n Diensvergaderingprogram vir elke week gedurende Desember. Gemeentes kan die nodige aanpassings maak met die oog op die bywoning van die “Boodskappers van Goddelike Vrede”-Streekbyeenkoms asook ’n hersiening van 30 minute van die programglanspunte gedurende die Diensvergadering die week ná die streekbyeenkoms. Twee of drie bekwame broers moet voor die tyd aangewys word om die hersiening van elke dag van die streekbyeenkomsprogram te behartig sodat hulle die sleutelgedagtes sal kan beklemtoon. Hierdie goed voorbereide hersiening sal die gemeente help om sleutelgedagtes te onthou wat hulle persoonlik kan toepas en in die veld kan gebruik. Kommentare van die gehoor en ondervindinge moet kort en saaklik wees.

Week wat begin met 2 Desember

Lied 134

10 min: Plaaslike aankondigings moet deur die sekretaris behartig word. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Herinner alle verkondigers daaraan om vroeg in die maand aan die veldbediening deel te neem. Diegene wat aan die einde van die maand weggaan of ’n streekbyeenkoms gaan bywoon, moet hulle rapporte ingee voordat hulle vertrek. Beklemtoon die belangrikheid daarvan dat almal hulle rapporte hierdie maand ingee.

15 min: “Wie sal na ons boodskap luister?” Vrae en antwoorde. Sluit punte in uit die Ontwaak! van 22 Maart 1987, bladsy 5, oor waarom ons boodskap mense se belangstelling prikkel.

20 min: “God se Woord voorsien leiding” (Paragrawe 1-6). Lei die deel in met paragrawe 1-2. (Verwys na die Redenering-boek, bladsye 75-6, wat kortliks vier redes gee “Waarom ons die Bybel moet ondersoek”.) Laat bekwame verkondigers die voorgestelde aanbiedings in paragrawe 3-6 demonstreer. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor (1) hoe die vrae wat geopper is, gehelp het om belangstelling te wek, (2) hoe die tekste wat gebruik is by die onderwerp onder bespreking pas, (3) hoe die herbesoek natuurlikerwys op die aanvanklike bespreking gevolg het en (4) hoe ’n studie aangebied is.

Lied 75 en slotgebed.

Week wat begin met 9 Desember

Lied 100

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Kondig die spesiale velddiensreëling vir 16 Desember aan.

20 min: “Rapporteer jy gereeld?” Bespreking deur die gemeente se sekretaris. Beklemtoon waarom dit belangrik is dat almal gereeld en stiptelik rapporteer. Sien die boek Georganiseer om ons bediening te vervul, bladsye 106-109, vir meer inligting oor die belangrikheid van rapportering.

15 min: “God se Woord voorsien leiding” (Paragrawe 7-9). Lewer kommentaar oor “Leiding is nodig” in Die Wagtoring van 1 Mei 1993, bladsy 3. Verduidelik waarom ons aanbiedings die belangrikheid daarvan moet beklemtoon om hulp te soek by ’n hoër bron—God. Laat ’n verkondiger die aanbiedings in paragrawe 7-8 demonstreer. Beklemtoon die feit dat dit ons doelwit is om uiteindelik ’n Bybelstudie in die Kennis-boek te begin.

Lied 197 en slotgebed.

Week wat begin met 16 Desember

Lied 209

10 min: Plaaslike aankondigings. Gee ’n paar wenke oor hoe om taktvol op feesgroete te reageer. Kondig die spesiale velddiensreëlings vir 25 en 26 Desember aan.

15 min: “Ons bied ons gewillig aan.” Vrae en antwoorde. Sluit kommentare in uit Die Wagtoring van 15 Mei 1984, bladsy 21 (w84 5/1 22).

20 min: “Verheug jou in die vermeerdering wat God gee.” Entoesiastiese toespraak deur ’n ouer man. Meld ondervindinge of bewyse van vermeerdering in lande onder bespreking, soos in onlangse jaarboeke aangegee.

Lied 41 en slotgebed.

Week wat begin met 23 Desember

Lied 93

10 min: Plaaslike aankondigings. Meld ’n paar gesprekspunte in die nuutste tydskrifte wat hierdie week in die bediening gebruik kan word. Kondig die spesiale velddiensreëlings vir die 1ste Januarie aan.

15 min: Plaaslike behoeftes. Of ’n toespraak deur ’n ouer man gebaseer op die artikel “Aftrede—’n Oop deur tot teokratiese bedrywigheid?” in Die Wagtoring van 15 Julie 1996, bladsye 24-5.—Sien Insight, Deel 2, bladsy 794, paragrawe 2-3.

20 min: “Sluit aan by die Teokratiese Bedieningskool.” Toespraak deur die skoolopsiener. Gee statistiek van hoeveel plaaslik aan die skool deelneem, en moedig almal wat kan aan om daarby aan te sluit. Hersien die instruksies vir studentetoewysings in die “Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1997”.

Lied 166 en slotgebed.

Week wat begin met 30 Desember

Lied 223

10 min: Plaaslike aankondigings. As julle gemeente se vergaderingtye met ingang van die nuwe jaar gaan verander, moet almal vriendelik aangemoedig word om die nodige aanpassings te maak en voort te gaan om die vergaderinge op die nuwe tye gereeld by te woon.

15 min: Help bejaardes om aan die bediening deel te neem. Talle getroue bejaarde verkondigers het ’n opregte begeerte om saam met die gemeente aan die predikingswerk deel te neem, maar hulle het fisiese beperkings weens ouderdom en swak gesondheid. Daar is maniere waarop ons bedagsaamheid teenoor hulle kan toon sodat hulle ook saam met ons velddiens kan doen: Bied aan om vervoer te verskaf; reël dat hulle huise werk waar daar minder trappe is om te klim; parkeer die motor naby sodat hulle kan rus wanneer hulle moeg word; bied aan om hulle na hulle herbesoeke te neem; sê vir hulle dat jy hulle huis toe sal neem as hulle voel dat hulle nie verder kan werk nie. Bejaardes waardeer die hulp wat aan hulle verleen word. Noem ander maniere waarop julle sulke bedagsaamheid plaaslik toon. Hersien hoofgedagtes in die artikel “Ons waardeer die bejaardes!” in Die Wagtoring van 1 Februarie 1986, bladsye 28-9.

20 min: Hersien lektuuraanbod vir Januarie. Bied die boeke Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? en Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors” aan. Gebruik die Redenering-boek, bladsye 9-14, en hersien kortliks inleidings wat gebruik kan word om hierdie boeke aan te bied. Demonstreer een of twee aanbiedings.

Lied 137 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel