Teokratiese nuus
Suid-Afrika: Ons is bly om julle mee te deel dat die volgende vier Koninkryksale gedurende Julie en Augustus toegewy is: Wedela (Carletonville), Motherwell (Port Elizabeth), Kuilsrivier (Bellville) en Sharpeville (Vereeniging). Daar is dus in die afgelope diensjaar altesaam 21 Koninkryksale toegewy.