Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/97 bl. 4
  • Bekwaam en toegerus om ander te leer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bekwaam en toegerus om ander te leer
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Kennis van die ware God lei tot die lewe
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Kennis wat van God af kom, beantwoord baie vrae
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • “Dít beteken die ewige lewe”
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Verkondig die kennis wat tot die ewige lewe lei
    Ons Koninkryksbediening—1996
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1997
km 1/97 bl. 4

Bekwaam en toegerus om ander te leer

1 Toe Moses as Jehovah se verteenwoordiger aangestel is, het hy gevoel dat hy nie bekwaam was om God se woord aan Farao bekend te maak nie (Ex. 4:10; 6:11). Jeremia het sy gebrek aan selfvertroue om as Jehovah se profeet te dien, geopenbaar en vir God gesê dat hy nie weet hoe om te praat nie (Jer. 1:6). Ten spyte van hulle aanvanklike gebrek aan selfvertroue het albei hierdie profete onbevreesde getuies vir Jehovah geword. God het hulle voldoende bekwaam gemaak.

2 Danksy Jehovah het ons vandag wat ons nodig het om ons bediening met vertroue te vervul (2 Kor. 3:4, 5; 2 Tim. 3:17). Soos ’n gekwalifiseerde werktuigkundige met ’n volledige gereedskapstel is ons behoorlik toegerus om ons toegewese bediening met vaardigheid te vervul. In Januarie bied ons die boeke Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors” en Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? aan. Hoewel hierdie geestelike werktuie nie nuut is nie, is hulle skriftuurlike temas vandag nog van belang en sal hierdie boeke mense help om die waarheid te leer. Die volgende voorgestelde aanbiedings kan aangepas word by die boek wat aangebied word.

3 Die onderwerp van geleerdheid kan gebruik word om belangstelling in God se Woord te wek. Jy kan ’n gesprek begin deur te sê:

◼ “Die belangrikheid van ’n goeie geleerdheid word vandag baie beklemtoon. Watter soort geleerdheid, of onderrigting, moet iemand na jou mening nastreef om die meeste geluk en sukses in die lewe te verseker? [Wag vir ’n antwoord.] Diegene wat kennis van God inneem, kan ewige seëninge verkry. [Lees Spreuke 9:10, 11.] Hierdie handboek [gee die titel van die boek wat jy aanbied] is op die Bybel gebaseer. Dit vestig die aandag op die enigste bron van kennis wat tot die ewige lewe kan lei.” Wys ’n spesifieke voorbeeld in die boek. Bied die boek teen ’n bydrae van R4,00 aan en reël om ’n herbesoek te doen.

4 Wanneer jy teruggaan na ’n huisbewoner met wie jy die belangrikheid van Bybelonderrigting bespreek het, kan jy sê:

◼ “Met my laaste besoek het ons bespreek dat die Bybel die bron van onderrigting is wat ons ewige toekoms kan verseker. Dit verg natuurlik inspanning om die dinge in die Skrif wat ons moet weet te leer. [Lees Spreuke 2:1-5.] Baie mense vind dit moeilik om party dele van die Bybel te verstaan. Ek wil graag kortliks ’n metode demonstreer wat ons op groot skaal gebruik om mense te help om meer oor basiese Bybelleringe te leer.” Gebruik die boek wat by die huisbewoner gelaat is, blaai na ’n gepaste plek en demonstreer kortliks ’n Bybelstudie. As die huisbewoner ’n gereelde studie wil hê, kan jy verduidelik dat jy sal terugkom en die studiehulp Kennis wat tot die ewige lewe lei sal saambring.

5 Baie mense word gekwel deur die lyding van miljoene kinders in die wêreld. Jy kan die huisbewoner dalk help om te sien hoe God hierdie benarde toestand beskou deur te sê:

◼ “Jy het ongetwyfeld nuusberigte gesien oor kinders regoor die wêreld wat honger, siek en verwaarloos is. Waarom kon organisasies wat daarmee gemoeid is nie die situasie verbeter nie? [Wag vir ’n antwoord.] God wil net die beste vir mense hê. Let op wat hy vir kinders en volwassenes belowe, soos dit in die Bybel opgeteken is. [Lees Openbaring 21:4.] Hierdie boek [meld die titel] voorsien verdere besonderhede oor ’n wêreld wat God tot stand gaan bring waar daar nie meer lyding sal wees nie.” Maak by ’n prent oop wat die Paradys uitbeeld en bespreek dit. Bied die boek teen ’n bydrae van R4,00 aan en reël vir nog ’n besoek.

6 As jy aanvanklik oor die lyding van kinders gepraat het, kan jy met die volgende besoek die bespreking voortsit deur te sê:

◼ “Toe ek onlangs hier was, het jy jou kommer uitgespreek oor die benarde toestand van kinders wat ly as gevolg van gebroke gesinne, hongersnood, siekte en geweld. Dit is vertroostend om in die Bybel te lees van ’n wêreld waar nóg kinders nóg volwassenes siekte, pyn of die dood sal moet ervaar. ’n Profesie in die boek Jesaja beskryf ’n beter lewe wat op die aarde gaan kom.” Lees en bespreek Jesaja 65:20-25. Probeer om uiteindelik ’n Bybelstudie in die Kennis-boek te begin.

7 Aangesien die meeste mense besorg is oor persoonlike veiligheid weens toenemende misdaad, kan jy ’n gesprek oor hierdie onderwerp begin deur te sê:

◼ “Ons praat met ons bure oor persoonlike veiligheid. Daar is baie misdaad om ons, en dit raak ons lewens. Wat is die oplossing? Dink jy dat enigiemand hierdie probleme van die aarde af kan verwyder?” Wag vir ’n antwoord. Na gelang van die antwoord kan jy as volg voortgaan: “Gestel ’n heerser het kwalifikasies soos dié wat in Jesaja 9:5, 6 gemeld word. [Lees.] Dink jy nie dat dit tot ’n veiliger wêreld sou lei nie?” Beklemtoon punte om te toon dat hierdie teks na Jesus Christus verwys. “Hierdie boek met die titel Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? bevat ’n duidelike bespreking van ons enigste hoop vir veiligheid en sekuriteit en hoe die ‘Vredevors’ in ons tyd wêreldwye vrede op die aarde gaan bring. Sal jy graag meer oor die beloofde nuwe wêreld wil leer?” Bied die boek teen ’n bydrae van R4,00 aan.

8 Wanneer jy teruggaan na iemand met wie jy oor persoonlike veiligheid gesels het, kan jy hierdie benadering probeer:

◼ “Ek het ons gesprek oor persoonlike veiligheid geniet. Soos ons bespreek het, is Jesus die enigste heerser wat blywende veiligheid op die aarde kan bring. Jy sal sekerlik daarin belangstel om te hoor van ander dinge wat hy gedurende sy heerskappy ten behoewe van die mensdom gaan teweegbring.” Lees en bespreek paragraaf 20 op bladsy 42 in die Kennis-boek, en vra of jy kan demonstreer hoe om die Bybel met behulp van hierdie boek te studeer.

9 Wanneer dit kom by die oordraging van die kennis van God aan ander kan ons ons afvra: “Wie is voldoende bekwaam vir hierdie dinge?” Die Skrif antwoord: “Ons is.”—2 Kor. 2:16, 17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel