Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/97 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1997
Ons Koninkryksbediening—1997
km 3/97 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Maart: Die geheim van gesinsgeluk teen ’n bydrae van R4,00. April en Mei: Jaarintekening per pos op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R41,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarlikse intekening op halfmaandelikse uitgawes kos R20,50. Klubintekeninge kos R24,00 en R12,00 onderskeidelik. Wend ’n spesiale poging aan om eksemplare van die tydskrifte by mense te laat wanneer die aanbod van die hand gewys word. Vir velddiens in die middel van die week en in gebied wat dikwels gedek word, kan die nuwe brosjure, Wat vereis God van ons?, ook gebruik word. Junie: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R4,00. Lê jou daarop toe om tuisbybelstudies te begin.

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeentelike rekeninge op 1 Maart of so gou moontlik daarna ouditeer. Kondig dit in die gemeente aan wanneer dit gedoen is.

◼ Die sekretaris en die diensopsiener moet die bedrywighede van al die gewone pioniers nagaan. As enigeen van hulle dit moeilik vind om die uurvereiste na te kom, moet die ouer manne reël dat hulle gehelp word. Hersien die Genootskap se briewe (S-201) van 1 Oktober 1993 en 1 Oktober 1992 vir wenke. Sien ook paragrawe 12-20 in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1986.

◼ Die liggaam van ouer manne moet daarvan bewus wees dat die volgende wysigings nodig is wanneer die gemeente plaaslike byeenkomste bywoon: In die geval van ’n spesiale byeenkomsdag moet die gemeente al die gewone vergaderinge gedurende die week hê, behalwe die Openbare Vergadering en die Wagtoring-studie wat gekanselleer word. Wanneer die gemeente ’n kringbyeenkoms gaan bywoon, sal hulle ook die Teokratiese Bedieningskool en die Diensvergadering kanselleer; net die Gemeentelike Boekstudie sal gedurende daardie week plaaslik gehou word.

◼ Die spesiale toespraak vir die Gedenkmaalseisoen vanjaar sal in die meeste gemeentes op Sondag, 6 April, gehou word. Die toespraak het die titel “Bly rein van wêreldse verontreinigings”. Ons almal behoort dit by te woon, en ons moet belangstellendes wat na die Gedenkmaal toe gekom het, help om vir die toespraak teenwoordig te wees. Wat ons hoor, sal ons beslis rede gee tot hernieude vasbeslotenheid om God te behaag.

◼ Gaan asseblief die uitstekende riglyne na wat op bladsy 1 van Ons Koninkryksbediening vir September 1992 verskyn, ten einde die meeste uit gemeentelike studies in die Grootste mens-boek te put. Die artikel verduidelik hoe om elke les voor te berei en hoe die Gemeentelike Boekstudie sal verloop. Boekstudiehouers en almal wat dit bywoon, sal daarby baat vind as hulle hierdie inligting hersien.

◼ In elke gemeenskap, op verskeie tye gedurende die jaar, is daar wêreldse vakansiedae wanneer kinders nie skool toe gaan nie en daar tyd van sekulêre werk afgekry kan word. Dit is uitstekende geleenthede vir die gemeente om ’n groter deelname aan die veldbediening te hê. Die ouer manne moet wakker wees vir hierdie geleenthede en die gemeente lank voor die tyd in kennis stel van enige reëlings wat getref word vir groepgetuieniswerk gedurende vakansietye.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Wat vereis God van ons? (gemeente en publiek: R1,20; pioniers: R0,80) —Afrikaans, Chichewa, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Kroaties, Nederlands, Pools, Portugees, Russies, Sepedi, Serwies, Shona, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu

◼ Nuwe videokassette beskikbaar:

Kennis wat tot die ewige lewe lei (Dele 4-6; gemeente en publiek: R52,00; pioniers: R45,00)—Amerikaanse Vingertaal

◼ Nuwe braille-publikasies beskikbaar:

Die geheim van gesinsgeluk (twee bundels; gemeente, publiek en pioniers: R9,00)—Graad-twee Engelse braille

Wat vereis God van ons? (een bundel; gemeente, publiek en pioniers: R3,00)—Graad-twee Engelse braille

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel