Toon opregte besorgdheid vir al die belangstelling wat gevind word
1 Die wêreldwye bekendmaking van die Koninkryk sal binnekort ten einde loop, waarna almal “wat God nie ken nie”, vernietig sal word (2 Tess. 1:7-9). Opregte besorgdheid vir ander se lewe beweeg Jehovah se volk dus om soveel mense as moontlik met die Konlnkryksboodskap te bereik.—Sef. 2:3.
2 Elke maand word miljoene ure daaraan bestee om diegene te soek wat die “goeie nuus van iets beters” wil hoor. (Jes 52:7, NW) Met die huidige lektuuraanbod het baie intekeninge op Die Wagtoring en Ontwaak!, eksemplare van die tydskrifte of die brosjure Wat vereis God van ons? geneem. Opregte besorgdheid vir hierdie mense moet ons aanspoor om al die belangstelling wat ons vind verder te kweek.—Spr 3:27.
3 Maak noukeurige aantekeninge: Jy sal meer bereik as jy volledige en noukeurige aantekeninge maak van belangstelling en lektuurverspreiding. Inligting soos die huisbewoner se naam en adres, die dag en tyd van jou besoek, lektuur wat hy geneem het en die onderwerp wat bespreek is, sal jou help om groter welslae te behaal wanneer jy teruggaan. En as jy van die kommentare neerskryf wat die huisbewoner met die eerste bespreking gemaak het, kan jy dalk met nut daarna verwys wanneer jy die gesprek met die herbesoek hervat.
4 Doen herbesoeke sonder versuim: Hoeveel van die mense wat verlede maand by jou lektuur geneem het, het jy weer probeer besoek? Het weke verloop sonder enige verdere kontak? Opregte besorgdheid vir hulle ewige welsyn moet jou beweeg om so gou moontlik, verkieslik binne ’n paar dae, terug te gaan sodat die gesprek nog vars in die geheue sal wees. Deur sonder versuim terug te gaan om hulle belangstelling aan te wakker, kan jy moontlik Satan se pogings verydel voordat hy ‘kom en die woord wegneem wat in hulle gesaai is’.—Mark. 4:15.
5 Voorbereiding is noodsaaklik: Die welslae wat jy met herbesoeke behaal, hou direk verband met hoe goed jy voorberei. Beplan jou benadering voordat jy gaan. Die agterblad van Ons Koninkryksbediening vir April 1997 bevat verskeie aanbiedings wat met welslae gebruik kan word wanneer jy die intekening, die tydskrifte of die Vereis-brosjure aanbied. Die volgende stap is om ’n paar besprekingspunte in gedagte te hê wanneer jy teruggaan. Wat kan jy sê wanneer jy na belangstellendes teruggaan? Hoe kan ’n Bybelstudie begin word?
6 Wanneer jy teruggaan ná ’n bespreking oor wat dit sal verg om die aarde skoon te maak en dit ’n beter plek te maak om in te lewe, kan jy sê:
▪ “Met my vorige besoek het ons saamgestem dat drastiese stappe gedoen sal moet word voordat die aarde in ’n vreedsame paradys omskep kan word. Dink jy dat díe mens die vermoë het om hierdie taak uit te voer? [Wag vir ’n antwoord.] Let asseblief op waarom dit vir God nodig sal wees om in menseaangeleenthede in te gryp.” Lees Psalm 37:38. Blaai dan na les 5 in die Vereis-brosjure en gebruik gekose dele van paragrawe 4-5 om te toon hoe God hierdie profesie gaan vervul. Bied dan ’n Bybelstudie aan deur die brosjure te gebruik.
7 As jy met die eerste besoek God se Koninkryk bespreek het en die “Vereis”-brosjure by die huisbewoner gelaat het, kan jy met jou herbesoek iets sê soos:
▪ “Met ons vorige gesprek het ons God se Koninkryk geïdentifiseer as ’n werklike regering wat oor die ganse aarde gaan regeer. Die Bybel toon dat Christus Jesus die heerser daarvan gaan wees. Kan jy aan enige voordele dink wat so ’n regering en leier sal hê?” Wag vir ’n antwoord. Maak die Vereis-brosjure by les 6 oop. Gebruik gekose punte in paragrawe 6-7 en die illustrasie op bladsy 13 en toon wat God se Koninkryk in die toekoms vir die mensdom gaan doen. Lees Daniël 2:44 en bied, indien gepas, die Kennis-boek en ’n Bybelstudie aan.
8 As jy iemand gevind het wat saamstem dat die wêreld se godsdienste probleme vir die mensdom veroorsaak het, kan jy met die herbesoek vra:
▪ “Het jy al ooit gewonder hoe ons kan weet watter godsdiens God se goedkeuring wegdra? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie brosjure Wat vereis God van ons? gee die identifiserende kenmerke van die ware godsdiens.” Blaai na les 13 en beklemtoon die vyf kursiewe punte in paragrawe 3-7. Jy kan voortgaan deur te sê: “Ons moet nie net die ware godsdiens vind nie, maar moet ook uitvind wat God van elkeen van ons vereis.” Lees Johannes 4:23, 24. Bied aan om dit verder te bespreek. Blaai na les 1 in die brosjure en demonstreer hoe ons dit bestudeer.
9 Wanneer jy teruggaan om ’n bespreking oor gesinsgeluk voort te sit, kan jy iets sê soos:
▪ “Toe ek jou ontmoet het, het ek jou vertel wat die geheim van gesinsgeluk is, naamlik om die raad toe te pas wat in God se Woord, die Bybel, gevind word. Dink jy die Bybel js ouderwets of toepaslik wanneer dit kom by die behoeftes van ’n hedendaagse gesin?” Wag vir ’n antwoord. Bied die Kennis-boek aan. Blaai na hoofstuk 2 en lees die aanhaling in paragraaf 13. Gebruik die punte in paragraaf 3 en bied ’n gesinsbybelstudie aan.
10 Deur noukeurige aantekeninge te maak, noodsaaklike voorbereiding te doen en sonder versuim terug te gaan om hulle belangstelling aan te wakker, kan ons die soort naasteliefde openbaar wat hulle na die weg van redding sal aantrek.—Matt. 22:39; Gal. 6:10.