Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Junie: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R4,00. Lê jou daarop toe om tuisbybelstudies te begin. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye teen ’n bydrae van R1,20 elk: Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf en Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind? In ontoegekende gebied: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R4,00. September: Die geheim van gesinsgeluk teen ’n bydrae van R4,00.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Junie of so gou moontlik daarna ouditeer. Kondig dit in die gemeente aan wanneer dit gedoen is.
◼ Bethel het dringend ’n gekwalifiseerde motorelektrisiën nodig. Is jy tussen 19 en 35 jaar oud, ongetroud, of indien getroud, sonder enige afhanklikes? Kan jy jou beskikbaar stel vir die unieke voorreg van Betheldiens? Skakel of skryf asseblief aan die Genootskap as jy jou beskikbaar kan stel.
◼ LET WEL: Die nuwe datums vir die volgende streekbyeenkomste is:
12-14 Desember: George, Germiston, Johannesburg
19-21 Desember: Durban (Engels), Pretoria, Soweto (Zulu)
26-28 Desember: Durban (Zulu), Soweto (Suid-Sotho)
2-4 Januarie 1998: Soweto (Zulu)