Diensvergaderinge vir Junie
Week wat begin met 2 Junie
8 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Lewer kommentaar oor die maandelikse velddiensrapport van die land en van die plaaslike gemeente. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiens vir Mei stiptelik te rapporteer. Die sekretaris en boekstudiehouers moet seker maak dat alle laat velddiensrapporte vir vorige maande ingegee is.
15 min: “Doen julle uiterste bes.” Vrae en antwoorde.—Sien ook Die Wagtoring van 15 April 1993, bladsye 28-30.
22 min: “Kennis wat van God af kom, beantwoord baie vrae.” Voorsitter bespreek artikel met twee of drie verkondigers, onder andere ’n jong persoon. Lewer kommentaar oor paragraaf 1 en beklemtoon waarom die Kennis-boek ons so doeltreffend help om vrae te beantwoord. Demonstreer ’n oefensessie en stel ná elke aanbieding voor hoe daar verbeter kan word.
Lied 200 en slotgebed.
Week wat begin met 9 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Sit spesiale velddiensreëlings vir 16 Junie uiteen.
15 min: Kan jy gedurende die komende maande ’n groter aandeel aan die bediening hê? Toespraak en gehoorbespreking. Baie van ons beplan ekstra bedrywighede gedurende die wintervakansiemaande, soos om met vakansie te gaan, vir familie te gaan kuier of ontspanning te geniet. Hoe kan ons sake reël dat teokratiese bedrywighede nie verwaarloos word nie? Bespreek die volgende: (1) Woon vergaderinge gereeld by, hetsy jy tuis of weg van die huis af is. (2) Reël om gereeld aan die bediening deel te neem en, indien jy weg van die huis af is, velddiensrapporte na die gemeente toe te stuur. (3) Neem ’n voorraad lektuur saam vir informele getuieniswerk wanneer jy reis. (4) Neem deel aan getuieniswerk in die laatmiddag of aand, waar moontlik. (5) Doen aansoek om een of meer maande hulppionierdiens te doen, veral gedurende die ontoegekendegebied-kampanje. (6) Ouer manne moet gemeentelike bedrywighede goed organiseer en seker maak dat daar na elkeen se toegewese pligte omgesien word wanneer iemand nie daar is nie.
20 min: Leer ander—’n dringende behoefte. Toespraak deur ’n ouer man. Hersien die wêrelddiensrapport vir 1996 op bladsy 33 van die 1997 Yearbook. Die verskerpte poging om vir mense te getuig waar hulle ook al gevind kan word, werp vrugte af. Die dringende behoefte is nou om terug te gaan na waar ons lektuur gelaat het en om mense die waarheid te leer. Wanneer ons in openbare plekke met hulle praat, moet ons hulle naam en adres taktvol vra sodat ’n herbesoek gedoen kan word. Ons moet nie net Koninkryksaad plant nie; ons moet dit ook natgooi (1 Kor. 3:6-8). Wanneer saad in goeie grond gesaai word, kan goeie onderrigting die persoon help om die sin daarvan te begryp (Matt. 13:23). Ons moet soveel moontlik aan die onderrigtingswerk deelneem en so bekwaam moontlik probeer word (Heb. 5:12a). Meld punte uit die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Junie 1996, paragrawe 25-6. Beklemtoon dat verkondigers studies moet probeer begin in óf die Vereis-brosjure óf die Kennis-boek.
Lied 204 en slotgebed.
Week wat begin met 16 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Stel onderwerpe vir gesprekke in jongste tydskrifte voor.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: Identifiseer jou godsdiens as waar of vals. ’n Ouer man lei ’n bespreking met twee of drie bekwame verkondigers, gebaseer op die Ontwaak! van 22 Desember 1989, bladsy 18. Baie mense wat klaarblyklik opreg is, word herhaaldelik besoek. Hulle het egter nog nooit ’n Bybelstudie aanvaar nie. Bespreek hoe punte in hierdie Ontwaak!-artikel gebruik kan word om hulle bewus te maak van hoe belangrik dit is om in ooreenstemming met juiste kennis op te tree. Verwys na sleutelgedagtes in die Kennis-boek, hoofstuk 5: “Wie se aanbidding is vir God aanneemlik?” Lees paragraaf 20. Herbesoeke kan by hierdie mense gedoen word om hulle vriendelik en taktvol aan te moedig om ’n studie te aanvaar en vergaderinge by te woon.
Lied 201 en slotgebed.
Week wat begin met 23 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: Wat sê hulle oor ons? ’n Toespraak gebaseer op die inligting in die Watch Tower Publications Index 1986-1995, bladsye 341-3. Kies uitsonderlike “Statements by Others” oor Jehovah se Getuies—ons gedrag en ons werk. Toon hoe ander beïndruk is deur wat hulle in ons sien. Verduidelik waarom dit ons moet beweeg om ons altyd behoorlik te gedra en in ons werk te volhard. Toon hoe ons sulke gunstige kommentare kan gebruik wanneer ons met kennisse en belangstellendes praat wat meer oor ons wil weet.
20 min: “Ouers—Leer julle kinders om die predikingswerk te doen.” Vrae en antwoorde. Sluit die riglyne in Ons bediening-boek op bladsye 99-100 in, onder die onderhofie “Help jongmense”.
Lied 211 en slotgebed.
Week wat begin met 30 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Junie in te gee.
20 min: “Jongmense—Wat is julle geestelike doelwitte?” Twee vaders bespreek die artikel met mekaar. Hulle bespreek hoe om hulle kinders te help besef waarom dit belangrik is om eerder teokratiese doelwitte te stel, wat vir hulle geestelike seëninge sal meebring, as om materiële belange na te streef.—Sien ook Ons Bediening-boek, bladsye 116-18.
15 min: Berei voor vir die lektuuraanbod vir Julie. Kies een of twee brosjures wat gunstig in die plaaslike gebied ontvang is en hersien party van die uitsonderlike punte omtrent elkeen. Stel maniere voor waarop dit by ’n aanbieding ingesluit kan word. Herinner almal daaraan om neer te skryf watter lektuur hulle by iemand laat en om terug te gaan en die belangstelling verder te kweek.
Lied 109 en slotgebed.