Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/98 bl. 7
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Hoekom ons kleredrag en voorkoms saak maak
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1998
km 3/98 bl. 7

Vraebus

◼ Waarom moet ons spesiale aandag skenk aan ons kleredrag en persoonsversorging wanneer ons die Genootskap se fasiliteite in New York, en takkantore regoor die wêreld, besoek?

Daar word van Christene verwag om altyd goeie maniere aan die dag te lê. Ons kleredrag en persoonsversorging moet te alle tye die betaamlikheid en waardigheid weerspieël wat by Jehovah God se knegte pas. Dit is veral die geval wanneer ons die Genootskap se fasiliteite in New York en takkantore regoor die wêreld besoek.

Gedurende 1998 sal streek- en internasionale byeenkomste gehou word. Duisende van ons broers uit baie lande sal die Genootskap se hoofkwartier in New York sowel as takkantore in ander lande besoek. Nie net wanneer ons hierdie fasiliteite besoek nie, maar ook op enige ander tyd moet ons ‘ons in elke opsig as God se bedienaars aanbeveel’, ook deur ons gepaste kleredrag en persoonsversorging.—2 Kor. 6:3, 4.

Waar dit die belangrikheid van gepaste kleredrag en persoonsversorging bespreek, lewer Georganiseer om ons bediening te vervul kommentaar oor die feit dat ons fisies skoon, beskeie aangetrek en goed versorg moet wees wanneer ons aan die veldbediening deelneem en Christelike vergaderinge bywoon. Dan sê dit op bladsy 131, paragraaf 1: “Dieselfde geld wanneer ons die Bethelhuis te Brooklyn of enige van die Genootskap se takkantore besoek. Onthou, die naam Bethel beteken ‘Huis van God’, en daarom moet ons kleredrag, persoonsversorging en gedrag dieselfde wees as wat van ons verwag word wanneer ons vergaderinge vir aanbidding by die Koninkryksaal bywoon.” Hierdie selfde hoë standaard moet gehandhaaf word deur plaaslike Koninkryksverkondigers sowel as diegene van verder geleë plekke wat met lede van die Bethelgesin kom assosieer en die takfasiliteite kom besoek.

Ons kleredrag moet ’n positiewe invloed op ander se beskouing van Jehovah se ware aanbidding hê. Daar is egter opgemerk dat party broers en susters baie informeel aantrek wanneer hulle die Genootskap se fasiliteite besoek. Dit is ongepas om enige van die Bethelhuise in sulke klere te besoek. In hierdie opsig, soos in alle ander aspekte van ons Christenlewe, wil ons graag dieselfde hoë standaarde handhaaf wat God se volk van die wêreld onderskei deur alles tot heerlikheid van God te doen (Rom. 12:2; 1 Kor. 10:31). Dit is ook goed om met ons Bybelstudente en ander wat Bethel dalk vir die eerste keer besoek te praat en hulle daaraan te herinner dat hulle kleredrag en persoonsversorging gepas moet wees.

Wanneer jy die Genootskap se fasiliteite besoek, moet jy jou dus afvra: ‘Is my kleredrag en persoonsversorging beskeie?’ (Vergelyk Miga 6:8, NW.) ‘Strek dit die God wat ek aanbid tot eer? Sal my voorkoms ander se aandag aftrek of hulle aanstoot gee? Stel ek die regte voorbeeld vir ander wat Bethel dalk vir die eerste keer besoek?’ Mag ons altyd, deur ons kleredrag en persoonsversorging, ‘die leer van ons Redder, God, in alles versier’.—Tit. 2:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel