Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R5,00 vir die hardebandboek en R3,75 vir die sagtebandboek, of enige ouer boek met 192 bladsye wat julle in voorraad het teen ’n bydrae van R1,00. ’n Spesiale poging sal aangewend word om tuisbybelstudies met die Kennis-boek te begin. April en Mei: Individuele eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! Hou Vereis-brosjures byderhand vir belangstellendes en probeer om tuisbybelstudies te begin. Junie: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R5,00 vir die hardebandboek en R3,75 vir die sagtebandboek.
◼ Verkondigers wat in April en Mei as hulppioniers wil dien, moet nou al hulle reëlings tref en hulle aansoekvorm vroegtydig ingee. Dit sal die ouer manne help om die nodige velddiensreëlings te tref en genoeg tydskrifte en ander lektuur in voorraad te hê. Die name van almal wat goedgekeur is om hulppionierdiens te doen, moet in die gemeente aangekondig word.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeentelike rekeninge op 1 Maart of so gou moontlik daarna ouditeer. Wanneer dit gedoen is, moet julle dit in die gemeente aankondig ná die volgende rekeningverslag gelees is.
◼ Kan jy dien waar daar hulp nodig is? ’n Lys van plekke is in Ons Koninkryksbediening vir November 1998 voorsien. As jy belangstel en beskikbaar is, moet jy dit met julle ouer manne bespreek en dan aan die Genootskap skryf.
◼ Die Gedenkmaal sal op Donderdag, 1 April 1999, gehou word. As julle gemeente gewoonlik vergaderinge op ’n Donderdag het, moet dit na ’n ander dag van die week geskuif word, indien die Koninkryksaal beskikbaar is. As dit nie moontlik is nie en dit julle Diensvergadering raak, kan dele wat veral op julle gemeente van toepassing is by ’n ander Diensvergadering ingesluit word.
◼ Die 1997-uitgawe van Watchtower Library op CD-ROM is nou in Engels, Frans, Italiaans, Portugees en Spaans teen R51,00 vir verkondigers en pioniers beskikbaar. Hou asseblief in gedagte dat dit nie bedoel is vir openbare verspreiding, om in skoolbiblioteke gehou te word of aan iemand te gee wat bloot ’n belangstelling in Jehovah se Getuies toon nie. Watchtower Library is ’n voorsiening vir lede van die gemeente en is slegs by die gemeente beskikbaar.
◼ Om julle te help met julle reëlings om die streekbyeenkoms vir 1999 by te woon, verskaf ons graag aan julle die voorlopige datums.
10-12 DESEMBER:
Bisho (Xhosa)
Bloemfontein (Afrikaans, Engels, Suid-Sotho)
Kaapstad (Afrikaans, Engels, Gebaretaal, Xhosa)
Pretoria (Sepedi, Suid-Sotho, Tswana)
St. Helena (Engels)
Windhoek (Afrikaans/Engels, Kwanyama)
17-19 DESEMBER:
Empangeni (Zulu)
Gaborone (Engels, Tswana)
George (Afrikaans/Engels)
Kokstad (Xhosa)
Manzini (Engels, Zulu)
Maseru (Suid-Sotho)
Pietermaritzburg (Zulu)
Soweto (Zulu 1)
24-26 DESEMBER:
Durban (Engels, Gebaretaal)
Johannesburg (Afrikaans, Engels, Gebaretaal, Portugees)
KaNyamazane (Zulu)
Port Elizabeth (Afrikaans, Engels)
Port Elizabeth (Xhosa)
Pretoria (Zulu)
Soweto (Suid-Sotho)
Springs (Suid-Sotho, Zulu)
31 DESEMBER–2 JANUARIE 2000:
Durban (Zulu)
Ermelo (Zulu)
Lebowakgomo (Sepedi)
Mafikeng (Tswana)
Newcastle (Zulu)
Phalaborwa (Tsonga)
Soweto (Zulu 2)
Thohoyandou (Venda)
Umtata (Xhosa)