Diensvergaderinge vir Maart
Week wat begin met 1 Maart
8 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Moedig almal aan om hulle velddiensrapporte vir Februarie in te gee.
17 min: “Die wêreldwye herdenking van Christus se dood.” Vrae en antwoorde. Sluit kommentare in uit Die Wagtoring van 1 Februarie 1997, bladsye 11-12, paragrawe 10-14. Beklemtoon hoe Jehovah se groot liefde hom beweeg het om vir ons die losprys te voorsien.
20 min: Dwingende redes om gedurende April en Mei hulppionierdiens te doen. Toespraak en gehoorbespreking gelei deur die diensopsiener, wat almal aanmoedig om hulppionierdiens ernstig te oorweeg. Hersien die aanpassing in die uurvereiste vir gewone en hulppioniers, soos uiteengesit in Ons Koninkryksbediening vir Januarie 1999, bladsy 3. Hierdie aanpassing behoort baie meer verkondigers in staat te stel om die voorreg van voltydse diens te geniet. Verduidelik hoe ons waardering vir Christus se losprys ons dring om ons in te span om vir ander te getuig (2 Kor. 5:14, 15). Vanjaar val die Gedenkmaal op die eerste dag van April, en op 10 April is ons spesiale Tydskrifdag. Wat ’n goeie aansporing vir alle Koninkryksverkondigers om die hele maand aan groter diensbedrywighede te wy! Hersien gekose glanspunte uit die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Februarie 1997 en Maart 1998, wat oor hulppionierdiens handel. Beskou maniere waarop die roosters wat as voorbeelde voorsien is, aangepas kan word. Hersien plaaslike velddiensreëlings, wat volop geleenthede bied om saam met ander aan die bediening deel te neem. Moedig verkondigers aan om na afloop van die vergadering aansoekvorms vir hulppionierdiens te kry.
Lied 44 en slotgebed.
Week wat begin met 8 Maart
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
20 min: “Nooi hulle om te kom.” Vrae en antwoorde. Beklemtoon hoe belangrik dit is om altyd nuwe belangstellendes na die gemeentelike vergaderinge te rig. Demonstreer ’n bespreking met ’n belangstellende deur die materiaal in die Kennis-boek, bladsy 159, paragraaf 20, en bladsye 161-3, paragrawe 5-8, te gebruik. Moedig almal aan om ’n spesiale poging aan te wend om Bybelstudente en ander belangstellendes te help om op 1 April die Gedenkmaal by te woon. Wys ’n eksemplaar van die gedrukte uitnodiging en verduidelik hoe dit op ’n doeltreffende wyse gebruik kan word. Almal moet hierdie week begin om Gedenkmaaluitnodigings te versprei.
15 min: “Hoe gesinslede saamwerk om ’n volle deelname te hê—aan gemeentelike vergaderinge.” Bespreking deur ’n gesin. Hulle lewer kommentaar oor hoofpunte in die artikel en bespreek hoe hulle as ’n gesin vir vergaderinge kan voorberei. Hulle bespreek maniere waarop hulle mekaar kan help om ’n deelname te hê en wat gedoen moet word sodat die gesin betyds vir vergaderinge sal wees.
Lied 62 en slotgebed.
Week wat begin met 15 Maart
10 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: “Bedieningsknegte lewer waardevolle diens.” Toespraak deur ’n bekwame bedieningskneg. Hersien hoofpunte wat in Ons bediening-boek, bladsye 57-9, gedek word. Verduidelik hoe bedieningsknegte plaaslik gebruik word om die gemeente te help.
20 min: Hoe moet ons op raad reageer? Toespraak deur ouer man. Ons almal kry raad oor ons gesindheid, gedrag, assosiasie of deelname aan gemeentelike bedrywighede. Soms is ons geneig om raad te verwerp of aanstoot te neem. Ons gewilligheid om raad te aanvaar en toe te pas, is uiters belangrik vir ons geestelike welsyn. Hersien onontbeerlike faktore wat redes beklemtoon waarom ons raad moet aanvaar en waardeer.—Sien Die Wagtoring van 1 April 1987, bladsye 27-30.
Lied 68 en slotgebed.
Week wat begin met 22 Maart
10 min: Plaaslike aankondigings. Kondig die name aan van diegene wat gedurende April hulppionierdiens gaan doen. Meld dat dit nie te laat is om ’n aansoekvorm in te gee nie. Sit die hele rooster uiteen vir velddiensvergaderinge wat vir April beplan word. Moedig almal aan om die Skrifgedeelte vir die Gedenkmaal vir 27 Maart–1 April te volg, soos uiteengesit in Ondersoek die Skrif elke dag—1999 en die Kalender vir 1999.
15 min: Tref voorbereidsels vir die Gedenkmaal. ’n Toespraak. Almal moet reëlings tref om Bybelstudente en ander belangstellendes te help om die Gedenkmaal by te woon. Nuwelinge wat teenwoordig is, verstaan dalk nie wie van die embleme mag gebruik of wat hierdie viering beteken nie. Hersien die gedagtes in Die Wagtoring van 1 April 1996, bladsye 6-8, en toon hoe ons nuwe belangstellendes kan help om die betekenis en doel van hierdie viering te begryp. Sluit af deur “Gedenkmaalherinneringe” te hersien en plaaslike Gedenkmaalreëlings uiteen te sit.
20 min: Wat gebeur met ons wanneer ons sterf? Ouer man bespreek die nut en gebruik van brosjure met twee of drie bekwame verkondigers. Ons het beter vertroud geraak met hierdie brosjure toe ons dit in die Gemeentelike Boekstudie bestudeer het. Gebruik ons dit met welslae in die velddiens? Die paneel bespreek die volgende: Waarom stel baie mense in hierdie onderwerp belang? In teenstelling met valse godsdiensleringe, op watter hoop vestig hierdie brosjure die aandag? Hoe kan ons die vrae op die laaste bladsy gebruik om belangstelling te wek? Watter geleenthede is daar om hierdie brosjure aan te bied? Demonstreer ’n aanbieding deur die tekste in paragraaf 14 op bladsy 27 te gebruik. Moedig almal aan om goed gebruik te maak van hierdie brosjure.
Lied 92 en slotgebed.
Week wat begin met 29 Maart
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Maart in te gee. Ons gaan Die Wagtoring en Ontwaak! gedurende April aanbied. Wys die jongste nommers van die tydskrifte, stel artikels voor waarop die aandag gevestig kan word en meld ’n paar spesifieke gesprekspunte. Almal moet die Vereis-brosjure by hulle hê en dit gebruik om Bybelstudies met belangstellendes te begin.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: Geniet die jaarboek vir 1999. Bespreking tussen man en vrou. Man meld dat die jaarboek die eerste keer in 1927 in boekvorm uitgegee is en dat dit al meer as 70 jaar die wêreldrapport van Jehovah se Getuies bevat. Hulle hersien die hoogtepunte van die “1998 Grand Totals”, op bladsy 31. Dan bespreek hulle “A Letter From the Governing Body”, op bladsye 3-5, en lewer kommentaar oor hoe hulle die raad gaan toepas wat gegee word.
Lied 118 en slotgebed.