Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir September: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R5,00 vir die hardebandboek en R3,75 vir die sagtebandboek. Oktober: Individuele eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! teen ’n bydrae van R1,00 elk. November: Wat vereis God van ons? teen ’n bydrae van R1,20 of Kennis wat tot die ewige lei teen ’n bydrae van R5,00 vir die hardebandboek en R3,75 vir die sagtebandboek. Alternatiewe aanbod: Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte teen ’n bydrae van R4,00 of die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R15,00 vir die groot formaat en R7,50 vir die sakformaat. Desember: Kennis wat tot die ewige lei saam met die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte teen ’n bydrae van R9,00 wanneer die hardebandboek aangebied word en R7,75 wanneer die sagtebandboek aangebied word. (Engels: Kennis wat tot die ewige lewe lei saam met die New World Translation of the Holy Scriptures teen ’n bydrae van R25,00 wanneer die hardebandboek aangebied word en R23,75 wanneer die sagtebandboek aangebied word.)
◼ In onlangse tye het bedrieërs en uitgesette persone van verskeie Afrikalande wat voorgee dat hulle Getuies is ons broers genader. Ons stel voor dat hierdie persone se besonderhede vir die ouer manne gegee word. Die ouer manne moet die Genootskap dan verkieslik faks of andersins skakel om hulle identiteit te bevestig. Sodoende kan gasvryheid nog steeds aan opregte medegelowiges betoon word.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 September of so gou moontlik daarna ouditeer. Wanneer dit gedoen is, moet julle dit in die gemeente aankondig ná die volgende rekeningverslag gelees is.
◼ Die ouer manne word daaraan herinner om die instruksies op bladsye 21-3 in Die Wagtoring van 15 April 1991 deur te voer in verband met enige uitgesette of gedissosieerde persone wat dalk herstel wil word.
◼ Die Bethelhuis en -fabriek sal op Saterdag, 9 Oktober 1999, vir skoonmaakwerk gesluit wees. Daar sal geen reëlings wees vir toere of vir gemeentes om hulle lektuur op daardie dag te kry nie.
◼ Baie gemeentes betaal nou bankkoste op hulle tjekrekening. Die presiderende opsiener kan aan die Genootskap skryf vir wenke oor hoe om bankkoste te verminder. Skryf asseblief op die brief: “Vir aandag: Tesouriersafdeling.”
◼ Hiermee herinner ons ALLE GEMEENTES daaraan om asseblief die “Advance Medical Directive/Release”-kaarte en identifikasiedokumente so gou moontlik op die Literature Order-vorm (S-AB-14) te bestel. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet kontant saam met hulle bestelling stuur. Die mediese dokumente kos 12 sent elk en die identifikasiedokumente kos 10 sent elk. Bestel asseblief in veelvoude van 20, indien moontlik. Moenie hierdie kaartjies uitdeel nie, maar hou hulle totdat julle verdere instruksies van die Genootskap af ontvang.
◼ Gemeentes moet Jehovah se Getuies se kalender vir 2000 saam met hulle lektuurbestelling vir September begin aanvra. Die kalenders sal beskikbaar wees in Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu. Dit is ’n beheerde item. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet kontant saam met hulle bestelling stuur.
◼ LET WEL: Daar is ’n onmiddellike prysverhoging op die boekie Apply Yourself to Reading and Writing. Die bydrae is nou R5,00 vir gemeentes en R3,75 vir pioniers.
◼ LET WEL: Daar is veranderinge in verband met die volgende streekbyeenkomste:
17-19 Desember:
Johannesburg (Portugees; nuwe streekbyeenkoms)
24-26 Desember:
Bloemfontein (nuwe datum)
◼ Nuwe oudiokassette beskikbaar:
Marked for Survival (Drama, enkelkasset; gemeente: R10,50; pioniers: R9,50)—Engels
◼ Die Wagtoring in Kazak sal van die nommer van 1 September 1999 af as ’n maandelikse tydskrif beskikbaar wees.