Diensvergaderinge vir September
Week wat begin met 6 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
17 min: “Werk jy met ’n doel?” Die inleiding moet minder as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking. Sluit kommentare in uit Ons bediening-boek, bladsye 88-9. Moedig almal aan om gereeld en deeglik in hulle bediening te wees.
18 min: “Ouers—Stel ’n goeie voorbeeld vir julle kinders.” Kort inleiding deur ’n ouer man, gevolg deur ’n bespreking van die artikel deur twee broers wat ouers is. Hulle spreek besorgdheid uit oor hoe om hulle kinders te beskerm teen die negatiewe invloede waaraan hulle blootgestel word by die skool, op televisie en by familielede en ander wat nie Getuies is nie. Die broers bespreek oneerbiedige gesindhede, wêreldse spraak en persoonsversorging, asook skadelike vermaak. Nadat hulle noem hoe belangrik ’n goeie voorbeeld is, bespreek hulle maniere om groter geesdrif vir die gesinstudie, gemeentelike vergaderinge en velddiens op te bou.—Sien Die Wagtoring van 1 Julie 1999, bladsye 8-22, en die Ontwaak! van 22 September 1991, bladsye 8-9.
Lied 101 en slotgebed.
Week wat begin met 13 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
15 min: Hoe het ons verlede jaar gevaar? ’n Toespraak deur die diensopsiener. Hersien hoogtepunte van die gemeentelike rapport vir die 1999-diensjaar. Gee lof vir goeie dinge wat bereik is. Meld gebiede waar verbetering dalk nodig is. Vestig die aandag op hoe die gemeente vaar wat vergaderingbywoning en die hou van Bybelstudies betref. Sit praktiese doelwitte vir die komende jaar uiteen. Moedig almal aan om in die nuwe diensjaar gereeld elke maand te rapporteer en met die sekretaris en boekstudiehouers saam te werk terwyl hulle almal help om gereeld te rapporteer.
20 min: “Wat sal jy vir ’n Hindoe sê?” Vrae en antwoorde. Beklemtoon die voordele daarvan om ’n gemeenskaplike grondslag met iemand te lê, en meld punte waaroor ons waarskynlik met ’n Hindoe sal saamstem. Toon hoe die voorgestelde aanbiedings aangepas kan word om vir mense van enige godsdiensagtergrond te getuig. Demonstreer ’n goed voorbereide aanbieding van hoe om vir ’n Hindoe te getuig. Vir verdere inligting oor Hindoeïsme, sien die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Februarie 1998; Redenering-boek, bladsy 22, en Die mensdom se soeke na God, hoofstuk 5. As daar geen Hindoes in julle gebied is nie, kan jy demonstreer hoe om Bybelstudies met die Kennis-boek te begin.
Lied 140 en slotgebed.
Week wat begin met 20 September
12 min: Plaaslike aankondigings. Hersien gemeentelike reëlings vir ontoegekende gebied vir September en Oktober. Vertel interessante ondervindinge wat tot dusver in die ontoegekende gebied geniet is. Kondig velddiensreëlings vir 24 September aan.
15 min: Plaaslike aankondigings.
18 min: Maak goed gebruik van die Skepper-boek. Toespraak en demonstrasies. Ons Koninkryksbediening vir April 1999 het verduidelik dat die Skepper-boek enige tyd aangebied kan word wanneer ons mense ontmoet wat (1) nie aan God glo nie of (2) aan God glo, maar geen werklike begrip het van wie hy is of wat sy eienskappe en voornemens is nie. Die gedagteprikkelende vrae en kommentare op die agterblad kan gebruik word om mense se belangstelling te wek om die boek te lees. Of daar kan goed gebruik gemaak word van bladsy 152. ’n Verkondiger vra dalk: “Waar kan ons die beste raad kry oor hoe om ons ingewikkeldste probleme op te los?” Hy kan vir die persoon wys hoe bekende gesaghebbendes Jesus se Bergpredikasie geloof het, hom vra om een van die sewe beklemtoonde punte te kies waarin hy die meeste belangstel en dan ’n paar van die teksverwysings lees. Demonstreer albei hierdie wenke om die Skepper-boek aan te bied. Moedig almal aan om die boek by hulle in die velddiens te hê en gereed te wees om dit by enige gepaste geleentheid aan te bied.
Lied 175 en slotgebed.
Week wat begin met 27 September
15 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir September in te gee. Moedig almal aan om vir Oktober ’n volle deelname aan tydskrifverspreiding te beplan. Hersien ’n paar wenke wat verskyn het in Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1996, bladsy 12, oor hoe om aanbiedings voor te berei. Meld ’n paar goeie gesprekspunte in die jongste tydskrifte en demonstreer een of twee kort aanbiedings.
15 min: Vraebus. Toespraak deur ouer man.
15 min: “Ware aanbidding brei in Oos-Europa uit.” Ouer man hou ’n vraag-en-antwoord-bespreking. Meld ondervindinge of bewyse van groei in die lande wat verteenwoordig word, soos in onlangse jaarboeke berig is.
Lied 87 en slotgebed.