Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/99 bl. 7
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Moenie die huis van onse God verwaarloos nie
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Laat ons ons plek van aanbidding in ’n goeie toestand hou
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Hoe kan ons help om ons Koninkryksaal in stand te hou?
    Wie doen vandag Jehovah se wil?
  • Toon jy respek vir julle Koninkryksaal?
    Ons Koninkryksbediening—1989
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1999
km 11/99 bl. 7

Vraebus

◼ Wie se verantwoordelikheid is dit om die Koninkryksaal skoon te maak?

’n Koninkryksaal wat skoon en mooi is, stel die boodskap wat ons verkondig in ’n goeie lig. (Vergelyk 1 Petrus 2:12.) Dit is noodsaaklik dat die saal skoon en netjies gehou word, en almal kan help om dit in stand te hou. Ons kan nie verwag dat net ’n paar mense al die werk moet doen nie. Daar word gewoonlik gereël dat die skoonmaakwerk deur die Gemeentelike Boekstudiegroepe gedoen word, met die studiehouer of sy assistent wat die leiding neem. In sale waar meer as een gemeente vergader, sal die ouer manne reël dat al die gemeentes met die instandhouding help.

Hoe kan ons hierdie verantwoordelikheid die beste nakom? Die Koninkryksaal moet volgens ’n gereelde rooster skoongemaak word. Skoonmaakmiddels en -benodigdhede moet byderhand wees. ’n Lys van dinge wat gedoen moet word, moet opgesit word waar die werkers dit as ’n riglyn kan nagaan. Daar kan twee verskillende lyste wees, een vir ’n algemene, ligte skoonmaak ná elke vergadering en ’n ander een vir ’n deegliker, weeklikse skoonmaak. Die boekstudiehouer moet reël dat die saal deeglik skoongemaak word op ’n dag en tyd wat almal wat aangewys is, sal pas. Die grasperk, blomme en struike moet ook gereeld aandag kry. Die sypaadjies en parkeerterreine moet skoon gehou word. Daar moet elke jaar ’n groot skoonmaakdag wees, dalk net voor die Gedenkmaal gehou word. Dan kan onder meer die vensters, mure, matte en gordyne gewas word.

Ons kan natuurlik almal die werk ligter maak deur nie kougom of papiere binne of buite die saal te laat val nie. Ons kan elke keer nadat ons die toiletgeriewe gebruik het, sorg dat dit netjies en skoon is vir die volgende persoon. Wees versigtig sodat jy nie toerusting breek of die meubels beskadig nie. Let op na kolle op die mat, beskadigde stoele, probleme met die pypwerk, stukkende gloeilampe, ensovoorts, en rapporteer dit dadelik aan die broer wat vir die instandhouding van die Koninkryksaal verantwoordelik is.

Ons moet almal bereid wees om ons deel te doen. Dit dra by tot ’n aangename huis van aanbidding en onderskei ons as ’n rein volk wat Jehovah God eer.—1 Pet. 1:16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel