Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/00 bl. 8
  • Bestudeer Daniël se profesie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bestudeer Daniël se profesie
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Die boek Daniël en jy
    Gee ag op Daniël se profesie!
  • Jehovah verseker Daniël van ’n wonderlike beloning
    Gee ag op Daniël se profesie!
  • Daniël—’n Geloofwaardige boek van profesieë
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Ons gaan die Gesinsgeluk-boek bestudeer
    Ons Koninkryksbediening—1997
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2000
km 3/00 bl. 8

Bestudeer Daniël se profesie

1 Vanaf die week van 17 April sal ons Gee ag op Daniël se profesie! by die Gemeentelike Boekstudie bestudeer. Baie het reeds hierdie boeiende boek gelees, maar nou het ons die geleentheid om die voordele te geniet van ’n groepbespreking van die materiaal. Alle verkondigers, belangstellendes en kinders word genooi, ja aangemoedig, om elke week teenwoordig te wees vir hierdie deeglike studie van die Bybelboek Daniël.—Deut. 31:12, 13.

2 Studierooster en instruksies: Die volledige studierooster vir die Daniël se profesie-boek word in Ons Koninkryksbediening vir hierdie maand uiteengesit. Maak seker dat jy ’n afskrif hiervan by jou studieboek hou. Die rooster gee die hoofstuk en paragrawe uit die boek aan, asook die verse uit Daniël wat in elke week se sessie bespreek sal word. Die voetnote verduidelik hoe en wanneer sekere dele van die materiaal in die boek bespreek sal word. Die studiehouer word aangemoedig om aan die einde van elke week se studie die spesifieke verse uit Daniël wat op die rooster vir daardie week aangegee word met die groep te hersien. Na gelang van die tyd kan die verse gelees en kommentaar daaroor gelewer word. Sommige verse sal oor ’n tydperk van twee weke behandel word weens ’n voortgesette bespreking van hulle toepassing.

3 Berei voor vir ’n deeglike studie: Daar is probeer om elke week genoeg tyd toe te laat sodat ons nie deur die toegewese materiaal hoef te jaag nie. Vier van die lesse is redelik kort. Aan die einde van die studie vir die week van 5 Junie kan die studiehouer dus ’n hersiening van Daniël 2:1-40 insluit. Vir die week van 26 Junie kan hy Daniël 3:1-30 hersien. Die week van 4 September moet ’n deeglike bespreking van die illustrasies en tekste op bladsy 139 insluit. Die prent op bladsye 188 en 189 moet in die studie vir die week van 2 Oktober bespreek word.

4 Berei goed voor vir elke week se studie en neem gerus daaraan deel. Waardeer jou voorreg om met Jehovah se sigbare organisasie om te gaan en baat te vind by die insig en begrip wat deur sy getroue gesalfdes voorsien word (Dan. 12:3, 4). Moedig ander vriendelik aan om die boekstudie gereeld by te woon. Mag ons almal ag gee op God se profetiese woord soos dit in die ontsagwekkende boek Daniël geopenbaar word.—Heb. 10:23-25; 2 Pet. 1:19.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel