Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/00 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2000
Ons Koninkryksbediening—2000
km 3/00 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei. ’n Spesiale poging sal aangewend word om tuisbybelstudies te begin. April en Mei: Individuele eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! Hou die Vereis-brosjure byderhand vir belangstellendes en probeer tuisbybelstudies begin. Junie: Wat vereis God van ons? Lê julle daarop toe om tuisbybelstudies te begin.

◼ Verkondigers wat in April en Mei as hulppioniers wil dien, moet nou al hulle reëlings tref en hulle aansoekvorm vroegtydig ingee. Dit sal die ouer manne help om die nodige velddiensreëlings te tref en genoeg tydskrifte en ander lektuur in voorraad te hê. Die name van almal wat goedgekeur is om hulppionierdiens te doen, moet elke maand in die gemeente aangekondig word.

◼ Ons Koninkryksbediening vir hierdie maand bevat die volledige studierooster vir die boek Gee ag op Daniël se profesie! Dit sal goed wees om ’n fotostaat daarvan te maak en dit in jou persoonlike eksemplaar van die boek te hou sodat jy dit byderhand het.

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeentelike rekeninge op 1 Maart of so gou moontlik daarna ouditeer. Wanneer dit gedoen is, moet julle dit in die gemeente aankondig ná die volgende rekeningverslag gelees is.

◼ Die Gedenkmaal sal op Woensdag, 19 April 2000, gehou word. As julle gemeente gewoonlik vergaderinge op ’n Woensdag het, moet dit na ’n ander dag van die week geskuif word, indien die Koninkryksaal beskikbaar is. As dit nie moontlik is nie en dit julle Diensvergadering raak, kan dele wat veral op julle gemeente van toepassing is by ’n ander Diensvergadering ingesluit word.

◼ Die Genootskap maak nie lektuurbestellings op vir individuele verkondigers nie. Die presiderende opsiener moet reël dat daar elke maand ’n aankondiging gedoen word voor die gemeente se maandelikse lektuuraanvraag aan die Genootskap gestuur word sodat almal wat persoonlike lektuuritems wil hê die lektuurkneg in kennis kan stel. Hou asseblief in gedagte watter publikasies spesiaal aangevraagde items is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel