Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Desember: Kennis wat tot die ewige lewe lei saam met die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte. Januarie: Die geheim van gesinsgeluk of Die mensdom se soeke na God. Februarie: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? (groot uitgawe), Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? of enige boek met 192 bladsye wat in of voor 1986 uitgegee is en wat die gemeente in voorraad het. Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei. Wend ’n spesiale poging aan om tuisbybelstudies te begin.
◼ Die Wagtoring in Tumbuka sal vanaf die nommer van 1 September 2000 as ’n maandelikse tydskrif beskikbaar wees.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Hoe om jou spraak- en onderrigvermoë te verbeter—Venda
[Venster op bladsy 5]
Kan jy in die Huis van God kom dien?
Bethel het ongetroude broers, of getroude broers sonder enige ander afhanklikes, nodig wat gekwalifiseerde motorwerktuigkundiges, ingenieurs (boubedryf), loodgieters of elektrisiëns is, of wat ondervinding het in elektronika, instandhouding of HVAC (verhitting, ventilasie en lugversorging). Ons het ook dringend ’n gekwalifiseerde, voltydse tandarts nodig.
As jy vir Bethel aansoek wil doen, moet jy ten minste al ’n jaar toegewy en gedoop wees, ’n toegewyde, geestelike persoon wees wat bereid is om hard te werk en goeie fisiese en emosionele gesondheid geniet. Jy moet tussen 19 en 35 jaar oud en ’n Suid-Afrikaanse burger wees.
As jy aan hierdie vereistes voldoen, kan jy gerus ’n Bethelaansoekvorm invul en vir julle gemeente se dienskomitee gee. Of jy kan skakel of aan die Genootskap skryf vir verdere inligting.