Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/00 bl. 3-4
  • Hersiening Vir Die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening Vir Die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2000
Ons Koninkryksbediening—2000
km 12/00 bl. 3-4

Hersiening Vir Die Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 4 September tot 18 Desember 2000. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.

[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring het noodwendig ’n bladsy- en paragraafnommer nie.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. Dawid het gekeer dat Abisai vir Simeï doodmaak omdat die beskuldigings wat Simeï teen Dawid gemaak het, waar was (2 Sam. 16:5-13). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w99-AF 5/1 bl. 32 par. 3.]

2. ’n Rein, goed opgeleide gewete lei nie net tot ’n hartlike, persoonlike verhouding met God nie, maar is ook noodsaaklik vir ons redding (Heb. 10:22; 1 Pet. 1:15, 16). [w98-AF 9/1 bl. 4 par. 4]

3. Die verslag van 1 Konings het nie veel meer as geskiedkundige waarde vir ’n Christen nie, aangesien slegs 2 van die 14 konings wat ná Salomo se dood in Israel en in Juda regeer het daarin geslaag het om te doen wat reg is in Jehovah se oë. [si-AF bl. 64 par. 1]

4. Jesus se Duisendjarige Heerskappy kan vergelyk word met Salomo se vreedsame en voorspoedige 40-jarige heerskappy (1 Kon. 4:24, 25, 29). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w90-AF 6/1 bl. 6 par. 5.]

5. Die feit dat Abia ’n ordentlike begrafnis gegee is, is ’n duidelike bewys dat hy ’n getroue aanbidder van Jehovah was, die enigste uit die huis van Jerobeam (1 Kon. 14:10, 13). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 4/1 bl. 12 par. 11.]

6. Christelike doop is ’n aanduiding dat ’n mens ’n volwasse kneg van God geword het. [w98-AF 10/1 bl. 28 par. 2]

7. Jehovah het Elia bomenslike moed gegee en hom immuun gemaak teen vrees (1 Kon. 18:17, 18, 21, 40, 46). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w98-AF 1/1 bl. 31 par. 2.]

8. Salomo se tempel was ’n merkwaardige gebou, nie net vanweë die heerlikheid en materiële prag daarvan nie, maar omdat dit Jehovah se geestelike tempel voorafgeskadu het wat soveel glorieryker is. [si-AF bl. 69 par. 26]

9. Die militêre mag van die Arameërs wat op Elisa se versoek met blindheid getref is, was klaarblyklik verstandelik blind, aangesien hulle Elisa kon sien, maar hom nie kon herken nie (2 Kon. 6:18, 19). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien si-AF bl. 71 par. 10.]

10. Om die “Getuienis” op te sit, soos in 2 Konings 11:12 (NW) gemeld word, was ’n simboliese gebaar wat getoon het dat die koning se verklaring van God se Wet finaal was en gehoorsaam moes word. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w91-AF 2/1 bl. 31 par. 6.]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Wat moet godvresende ouers, in ooreenstemming met 1 Johannes 2:15-17, hulle kinders aanspoor om te vermy wanneer hulle hulle help om ’n geskikte sekulêre werk te kies? [w98-AF 7/15 bl. 5 par. 3]

12. Wat word bedoel in 2 Samuel 18:8 wat sê: “Die bos het . . . onder die mense meer verteer as wat die swaard verteer het”? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w87-AF 3/15 bl. 31 par. 2.]

13. Wie kan vandag met Goliat se stamverwante, die Refaïete, vergelyk word, en wat probeer hulle doen? (2 Sam. 21:15-22). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w89-AF 1/1 bl. 20 par. 8.]

14. Watter voordelige Bybelbeginsel leer ons uit 2 Samuel 6:6, 7? [si-AF bl. 63 par. 30]

15. Watter belangrike beginsel kan ons leer uit die geval van die man wat doodgemaak is omdat hy die Sabbat verbreek het? (Num. 15:35). [w98-AF 9/1 bl. 20 par. 2]

16. Hoe kan ons die koningin van Skeba navolg, wat ’n lang afstand gereis het om “die wysheid van Salomo” te hoor? (1 Kon. 10:1-9). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w99-AF 7/1 bl. 31 par. 1-2.]

17. Op watter drie maniere het Elia, volgens 1 Konings 17:3, 4, 7-9, 17-24, sy geloof in Jehovah getoon? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w92-AF 4/1 bl. 19 par. 5.]

18. Waarom was die feit dat Nabot geweier het om sy wingerd vir Agab te gee nie maar net ’n blyk van sy hardkoppigheid nie? (1 Kon. 21:2, 3). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w97-AF 8/1 bl. 13 par. 18.]

19. Hoe bemoedig die woorde in 2 Konings 6:16 vandag Jehovah se knegte? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w98-AF 6/15 bl. 18 par. 5.]

20. In watter opsigte moet ware Christene vandag teen simonie waak? [w98-AF 11/15 bl. 28 par. 5]

Voorsien die woord(e) of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:

21. ’n Ware Christen moenie voor ․․․․․․․․ swig en aan gebruike deelneem wat ․․․․․․․․ mishaag nie (Spr. 29:25; Matt. 10:28). [w98-AF 7/15 bl. 20 par. 5]

22. Paulus het ․․․․․․․․ aan die dag gelê toe hy voor koning Agrippa getuig het, en hy het punte beklemtoon wat hy en Agrippa ․․․․․․․․ gehad het (Hand. 26:2, 3, 26, 27). [w98-AF 9/1 bl. 31 par. 3]

23. Omdat God ․․․․․․․․ is, meen party dalk dat hy onpersoonlik is, maar ․․․․․․․․ wat meer dikwels en indringender gedoen word, sal ’n mens in staat stel om ‘die Onsigbare te sien’ (Heb. 11:27). [w98-AF 9/15 bl. 21 par. 3-4]

24. Soos gesien kan word in die geval van die Siriese generaal ․․․․․․․․, hou net ’n bietjie ․․․․․․․․ soms groot voordele in. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w99-AF 2/1 bl. 3 par. 6–bl. 4 par. 1.]

25. Soos Jonadab se hart opreg met koning Jehu was, gee die ․․․․․․․․ vandag heelhartig erkenning en samewerking aan die Grotere Jehu, ․․․․․․․․, wat op aarde deur ․․․․․․․․ verteenwoordig word (2 Kon. 10:15, 16, NW). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w98-AF 1/1 bl. 13 par. 5-6.]

Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:

26. Dit was (Satan; Jehovah; Joab) wat Dawid aangehits het om te sondig deur ‘Israel te tel’ (2 Sam. 24:1). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w92-AF 7/15 bl. 5 par. 2.]

27. In ooreenstemming met 1 Konings 8:1 en Prediker 1:1 (NW) het Salomo die volk byeengebring om (die tempel te bou; die vyande van Israel agterna te sit; Jehovah te aanbid). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien si-AF bl. 112 par. 3.]

28. Die 20-jarige tydperk waartydens Salomo die tempel en sy huis in Jerusalem gebou het, kan vergelyk word met ’n tydperk van leerstellige en organisatoriese veranderinge wat in (1919; 1923; 1931) begin het en in (1938; 1942; 1950) geëindig het (1 Kon. 9:10). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w92-AF 3/1 bl. 20 venster.]

29. Die term “hemel” soos in 2 Konings 2:11 gebruik word, verwys na die (geestelike woonplek van God; fisiese heelal; aarde se atmosfeer, waar voëls vlieg en die winde waai). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w97-AF 9/15 bl. 15 venster.]

30. (Herodes die Grote; Caesar Augustus; Tiberius Caesar) was die een wat die sensus gereël het wat daartoe gelei het dat Jesus in Betlehem gebore is en nie in Nasaret nie. [w98-AF 12/15 bl. 7 venster]

Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:

Ps. 15:4; 2 Sam. 12:28; 2 Sam. 15:18-22; 2 Kon. 3:11; Kol. 3:13

31. Hoofskap in Jehovah se teokratiese reëling moet gerespekteer word. [si-AF bl. 63 par. 30]

32. Lojaliteit teenoor Jehovah se organisasie en die verteenwoordigers daarvan moet gehandhaaf word. [si-AF bl. 63 par. 30]

33. Waardering vir Jehovah se barmhartigheid kan ’n mens beweeg om selfbeheersing aan die dag te lê en tekortkominge oor te sien. [w98-AF 11/1 bl. 6 par. 3]

34. Dit is ’n voorreg om gasvryheid te betoon en Jehovah se getroue knegte in spesiale diens nederig te bedien. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w97-AF 11/1 bl. 31 par. 1.]

35. ’n Godvresende persoon doen sy bes om sy woord te hou en sy skuld te betaal, selfs al maak onvoorsiene omstandighede dit moeiliker as wat verwag is. [w98-AF 11/15 bl. 27 par. 1]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel