Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Januarie: Die geheim van gesinsgeluk of Die mensdom se soeke na God. Februarie: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? (groot uitgawe), Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? of enige ouer boek met 192 bladsye wat in of voor 1986 uitgegee is en wat die gemeente in voorraad het. Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei. Wend ’n spesiale poging aan om tuisbybelstudies te begin. April: Die Wagtoring en Ontwaak! Bied die Kennis-boek of Vereis-brosjure aan met die doel om tuisbybelstudies te begin.
◼ Alle gedoopte verkondigers wat die week van 29 Januarie by die Diensvergadering is, kan ’n “Advance Medical Directive/Release”-kaart vir hulleself en ’n “Identity”-kaart vir hulle kinders kry.
◼ “Die oordeelsdag—’n Tyd van vrees of hoop?” is die tema van die nuwe openbare toespraak wat kringopsieners vanaf Februarie, en nie later as 4 Maart nie, sal hou.
◼ Gemeentes moet geskikte reëlings tref om die Gedenkmaal vanjaar op Sondag, 8 April, ná sononder te vier. Hoewel die toespraak vroeër kan begin, moet daar eers ná sononder begin word om die embleme om te stuur. Doen by plaaslike bronne navraag om te bepaal hoe laat sononder in julle omgewing sal wees. Aangesien geen vergaderinge behalwe velddiensvergaderinge op daardie dag gehou moet word nie, moet gepaste reëlings getref word sodat die Wagtoring-studie op ’n ander tyd gehou kan word. Kringopsieners sal hulle vergaderingrooster vir die week na gelang van plaaslike omstandighede moet aanpas. Hoewel dit verkieslik is dat elke gemeente sy eie Gedenkmaalviering hou, is dit miskien nie altyd moontlik nie. As ’n paar gemeentes gewoonlik dieselfde Koninkryksaal gebruik, kan een of meer gemeentes miskien ander fasiliteite vir daardie aand gebruik. Ons wil voorstel dat daar, indien moontlik, ten minste 40 minute tussen programme gelaat word sodat almal ten volle by die geleentheid baat kan vind en daar tyd sal wees om besoekers te ontmoet en nuwe belangstellendes aan te moedig. Daar moet ook aandag geskenk word aan verkeers- en parkeerprobleme, asook die feit dat passasiers op- en afgelaai moet word. Die liggaam van ouer manne moet besluit watter reëlings plaaslik die beste sal werk.
◼ Die spesiale openbare toespraak vir die 2001-Gedenkmaalseisoen sal op Sondag, 1 April, gehou word. Die onderwerp van die toespraak sal wees: “Wie kan gered word?” ’n Skets sal voorsien word. In gemeentes wat daardie naweek die besoek van die kringopsiener, ’n kringbyeenkoms of ’n spesiale byeenkomsdag het, sal die spesiale toespraak die week van 9 April gehou word. Die spesiale toespraak moenie voor 1 April 2001 in enige gemeente gehou word nie.
◼ Nuwe oudiokassette beskikbaar:
Warning Examples for Our Day (Drama, enkelkasset)—Engels
Ons spesiale Tydskrifdag sal op 7 April 2001 wees. In die verlede het baie dit geniet om aan die bedrywighede van die spesiale Tydskrifdag deel te neem. Ons wil almal aanmoedig om nou al te begin beplan sodat julle vanjaar ’n volle deelname daaraan kan hê. Gemeentes moet spesiale tydskrifaanvrae so gou moontlik instuur.