Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Januarie: Die geheim van gesinsgeluk of Die mensdom se soeke na God. Februarie: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? of Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei. ’n Spesiale poging sal aangewend word om tuisbybelstudies te begin.
◼ Let asseblief daarop dat die Gedenkmaal vir die jaar 2003 op Woensdag, 16 April, ná sononder gehou sal word. Hierdie kennisgewing word vroegtydig gegee sodat broers die nodige besprekings kan doen of kontrakte vir beskikbare sale kan aangaan waar ’n paar gemeentes een Koninkryksaal gebruik en hulle ander fasiliteite moet kry. Die ouer manne moet ’n ooreenkoms met die bestuur tref wat verseker dat daar geen steurnisse weens ander bedrywighede in die gebou sal wees nie, sodat die Gedenkmaalviering onverstoord en ordelik kan geskied. Omdat dit so ’n belangrike geleentheid is, moet die liggaam van ouer manne, wanneer hulle ’n Gedenkmaalspreker toewys, een van die bekwamer ouer manne kies en nie net beurte maak of elke jaar dieselfde broer gebruik nie. As daar ’n bekwame ouer man van die gesalfdes is wat die toespraak kan hou, moet julle hom gebruik.
◼ Broers en susters in Suid-Afrika en naburige lande het praktiese, skoon, tweedehandse klere nodig, asook skoene wat in ’n goeie toestand is. Plaas mans-, vroue- en kinderklere asseblief in aparte sakke, merk dit duidelik en stuur dit na die takkantoor.
◼ LET WEL: Tensy anders aangedui, is die volgende streekbyeenkomste gekanselleer:
14-16 Desember: Soweto (Zulu 1)
21-23 Desember: Soweto (Zulu 2)
4-6 Januarie 2002: Roodepoort-atletiekstadion (Zulu; nuwe byeenkoms)