Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 1 Januarie tot 23 April 2001. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.
[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings na die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring het ’n bladsy- en paragraafnommer nie.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Aangesien geloof ’n vrug van God se gees is, soek mense sonder geloof nie daardie gees nie, of hulle doen dit om ’n verkeerde rede of weerstaan die werking daarvan in hulle lewe (Luk. 11:13; Gal. 5:22). [rs-AF bl. 152 par. 1]
2. Psalm 58:5 dui tereg aan dat die kobra ‘ore’ het wat nie hoor nie omdat hy van nature doof is. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien Rbi8 bl. 1583; it-1 428; g93-AF 7/22 bl. 31.]
3. Die “groot skare” vroue wat in Psalm 68:12 gemeld word, was slavinne van ander nasies wat deur die manne van Israel uit gevangenskap vrygelaat is wanneer hulle vyandelike nasies verower het. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w86-AF 10/15 bl. 30 par. 6.]
4. As die oomblik en wyse van elke persoon se dood reeds by sy geboorte of vroeër bepaal is, sou daar geen nodigheid bestaan om gevaarlike situasies te vermy of om na ’n mens se gesondheid om te sien nie, en sou veiligheidsmaatreëls nie sterftesyfers laat daal nie. [rs-AF bl. 309 par. 1]
5. Paulus se opmerking, “laat geen mens ooit op jou jeug neersien nie”, is ’n aanduiding dat Timoteus net ’n tiener of in sy vroeë twintigerjare was (1 Tim. 4:12). [w99-AF 9/15 bl. 29 par. 1-3; bl. 31 par. 3]
6. “My Here”, soos opgeteken in Psalm 110:1, verwys na Jesus. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w94-AF 6/1 bl. 28 par. 5.]
7. In die boek Psalms kom die naam Jehovah sowat 700 keer voor, en die verkorte vorm “Jah” 43 keer, sodat God se naam gemiddeld sowat 5 keer in elke Psalm gemeld word. [si-AF bl. 104 par. 23]
8. Hoewel Jesus in die Skrif “’n god”, selfs “Sterke God”, genoem word, sê dit nêrens dat hy almagtig is nie (Joh. 1:1; Jes. 9:5; Gen. 17:1). [rs-AF bl. 165 par. 2]
9. Ons bestudeer in werklikheid Salomo se eie wysheid wanneer ons die boek Spreuke bestudeer. [si-AF bl. 106 par. 1]
10. Die Bybel se raad, wat in Spreuke 21:17 (NAV) gevind word, om nie ‘plesier voorop te stel’ nie, dui daarop dat dit verkeerd is om pret te hê omdat dit tyd in beslag neem wat vir belangriker dinge gebruik moet word. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w97-AF 10/1 bl. 27 par. 7.]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Waarop het Jesus gewys in sy ligte teregwysing van Marta? (Luk. 10:40, 41). [w99-AF 9/1 bl. 30 par. 7]
12. In watter “heerlikheid” het Jehovah die psalmis opgeneem? (Ps. 73:24). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w86-AF 12/15 bl. 28 par. 3.]
13. Watter beskouing van diensvoorregte spreek die psalmis uit, soos opgeteken in Psalm 84:2-4? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w97-AF 3/15 bl. 8 par. 5-7.]
14. Hoe toon Openbaring 22:17 en Romeine 2:4, 5 dat Jehovah nie alles wat mense doen, vooruit weet of beskik nie? [rs-AF bl. 311 par. 2-3]
15. Watter invloede het daartoe gelei dat die Goddelike leerstelling van die Duisendjarige Heerskappy van Jesus, wat in die boek Openbaring gemeld word, uiteindelik deur afvallige Christene verwerp is, aangesien vroeë Christene daarin geglo het? [w99-AF 12/1 bl. 6 par. 3–bl. 7 par. 5]
16. Watter perke moet Christene in gedagte hou wat “persoonlike belangstelling” in ander mense betref? (Fil. 2:4). [w99-AF 12/1 bl. 28 par. 6]
17. Wat word bedoel wanneer Psalm 128:3 praat van kinders wat “soos olyfboompies” rondom ’n man se tafel is? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w00-AF 8/15 bl. 30 par. 4.]
18. Watter uitwerking sal dit op ons hê as ons God se werk vreesinboesemend vind? (Ps. 139:14, NW). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w93-AF 10/1 bl. 15 par. 18.]
19. Waarom sê Spreuke 5:3, 4 dat die gevolge van onsedelikheid “bitter soos wilde-als” en “soos ’n swaard aan weerskante skerp” is? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w00-AF 7/15 bl. 29 par. 2.]
20. Hoe kan onderskeidingsvermoë ons help om, in ooreenstemming met Spreuke 14:29 (NW), die gevolge van ongeduld en onbeheerste toorn te vermy? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w97-AF 3/15 bl. 13 par. 7-8.]
Voorsien die woord(e) of frase wat nodig is om elk van die volgende stellings te voltooi:
21. Ware profete het ․․․․․․․․ gespreek en ․․․․․․․․ bekend gemaak (Deut. 18:18-20; 1 Joh. 4:1-3). [rs-AF bl. 407 par. 1, 3]
22. Die doel van die Spreuke is tweeledig—om ons ․․․․․․․․ te gee en van ․․․․․․․․ te voorsien (Spr. 1:1-4, NW). [w99-AF 9/15 bl. 13 par. 1]
23. “Die skuilplek van die Allerhoogste” is ’n plek van ․․․․․․․․ vir diegene wat aan God se kant is van die geskil oor ․․․․․․․․; mense wat ․․․․․․․․ kortkom, weet nie daarvan nie (Ps. 91:1). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w86-AF 12/15 bl. 29 par. 6.]
24. Om ‘geeneen van Jehovah se weldade te vergeet nie’, hou klaarblyklik daarmee verband om ․․․․․․․․ oor “sy weldade”, sy dade van liefderyke goedhartigheid soos dit in die 103de Psalm beskryf word (Ps. 103:2). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w99-AF 5/15 bl. 21 par. 5-6.]
25. ’n Spreuk is ’n pittige gesegde wat ’n ․․․․․․․․ gebruik en wat bedoel is om ․․․․․․․․. [si-AF bl. 107 par. 6]
Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende stellings:
26. Hoewel Dawid rede gehad het om woedend te wees oor die manier waarop Saul hom behandel het, het hy hom bedwing omdat (hy besef het dat Saul onvolmaak is en dat God se knegte vergewensgesind moet wees; hy sy verhouding met Jehovah duidelik in gedagte gehad het; hy geweet het dat dit verkeerd is om veroordelend te wees) (1 Sam. 24:6, 15, NW). [w99-AF 8/15 bl. 8 par. 7]
27. (Wysheid; Dissipline; Regverdigheid) is ’n kombinasie van baie faktore wat verstand, insig, skerpsinnigheid en denkvermoë insluit; (goedheid; verstand; goeie oordeel) is die vermoë om tot die kern van ’n saak deur te dring en die samestelling daarvan te onderskei, deur in te sien watter verband daar tussen die dele daarvan en die geheel bestaan, en sodoende die sin daarvan te begryp (Spr. 1:1-4, NW). [w99-AF 9/15 bl. 13 par. 2]
28. Josef het die krag gehad om die onsedelike toenadering van Potifar se vrou te weerstaan omdat hy (die Wet van Moses geken het, wat hoerery veroordeel het; ’n gesonde vrees gehad het vir die belangrike posisie van haar man; groot waarde geheg het aan sy verhouding met Jehovah) (Gen. 39:7-9). [w99-AF 10/1 bl. 29 par. 3]
29. Die skrywer van Psalm 119 het ongetwyfeld groot waardering gehad vir (die woord, of wet, van God; die lewe as gawe; die vooruitsig op redding), wat in byna al die verse van die psalm gemeld word. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w99-AF 11/1 bl. 9 par. 5; w87-AF 3/15 bl. 24 par. 2.]
30. In die eerste twee hoofstukke van Paulus se brief aan die (Romeine; Galasiërs; Hebreërs) vind ons ’n aantal aanhalings uit die Psalms oor die (voortreflike posisie; doop; aardse bediening) van Jesus Christus. [si-AF bl. 105 par. 28]
Paar die volgende tekste af met die stellings hieronder:
Spr. 2:19; 14:15; 18:17; Rom. 10:17; Heb. 13:18
31. Om geloof te verkry, moet ’n persoon eers uitvind wat die Bybel sê en dit noukeurig ondersoek. [rs-AF bl. 153 par. 3]
32. Christene kan nie sakegebruike aanneem wat oneerlik is of wat die regmatige belange van ander ignoreer nie. [w99-AF 9/15 bl. 10 par. 2]
33. Diegene wat hulle aan geslagsonsedelikheid skuldig maak, sal moontlik die plek van geen terugkeer bereik, naamlik die dood, voordat dit moontlik is om tot besinning te kom. [w99-AF 11/15 bl. 27 par. 4-5]
34. ’n Verstandige en skerpsinnige mens oordink die gevolge van sy dade en volg nie blindweg die een of ander nuwe tendens net omdat dit gewild is nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien g94-AF 12/8 bl. 16 par. 1.]
35. Selfs as iemand se argument dalk geloofwaardig en reg klink, is dit verstandig om albei kante van ’n saak te hoor voordat jy tot ’n gevolgtrekking kom. [si-AF bl. 111 par. 36]