Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 10 Junie
15 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 4 en hou aparte demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 15 Junie en die Ontwaak! van 22 Junie aangebied kan word. In elke demonstrasie moet ’n ander metode gebruik word om die gesprekdemper “Ek stel nie in godsdiens belang nie” te oorkom. (Sien Redenering-boek, bladsy 17.) Gee die huisbewoner ook die geleentheid om ’n bydrae vir die wêreldwye werk te gee.
10 min: Vraebus. Lees die hele artikel en die tekste wat aangegee word. Lewer dan bykomende kommentare en bespreek ander punte in die Vraebus in Ons Koninkryksbediening vir Maart 1998.
20 min: “As ons oorvloedig saai, bring dit ryk seëninge mee.”a Sluit kommentare in wat gebaseer is op Die Wagtoring van 1 Desember 1992, bladsye 15-16, paragrawe 14-17.
Lied 220 en slotgebed.
Week wat begin met 17 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Wees tevrede met wat jy het.”b Beklemtoon die skriftuurlike grondslag van die raad, en lees en bespreek na gelang van die tyd soveel as moontlik van die tekste wat aangegee word.
Lied 197 en slotgebed.
Week wat begin met 24 Junie
13 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. ’n Egpaar wat saam velddiens doen, demonstreer hoe om die wenke op bladsy 4 te gebruik om die tydskrifte van 1 Julie en 8 Julie aan te bied. Die vrou moet Die Wagtoring aanbied en die man die Ontwaak!
12 min: Vertel of demonstreer ondervindinge van plaaslike verkondigers (1) wat getuig vir mense van verskeie etniese groepe of vir mense wat ander tale praat of (2) wat op ander maniere as van huis tot huis of op straat getuig. Ter voorbereiding van volgende week se Diensvergadering kan almal aangemoedig word om ’n aanbieding vir een van die brosjures te vind wat in Julie en Augustus aangebied gaan word.—Sien die venster “Ander publikasies” in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2002.
20 min: “Toon waardering vir die lektuur.”c Sluit ’n demonstrasie in van ’n verkondiger wat tydskrifwerk doen. Huisbewoner toon belangstelling in Bybelaanbieding en tydskrifte; hy sê dat hy dit sal lees. Verkondiger sê dan: “Ek is seker dat jy soos baie ander daarby baat sal vind. Hierdie tydskrifte word regoor die wêreld versprei en Die Wagtoring is in 144 tale beskikbaar. Hierdie werk word deur vrywillige bydraes ondersteun. Ons aanvaar graag klein bydraes van diegene wat dié werk wil ondersteun.”
Lied 95 en slotgebed.
Week wat begin met 1 Julie
15 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Junie vir hulle boekstudiehouer te gee. Vra verkondigers om te sê watter brosjure hulle gedurende Julie gaan aanbied en watter aanbieding hulle gaan gebruik.
15 min: Jy kán God se vriend wees! Toespraak en gehoorbespreking. Vestig die aandag op kenmerke van hierdie brosjure wat dit ’n kragtige onderrigmiddel maak om kinders en ander met beperkte skoolopleiding of leesvermoë te help om Jehovah te leer ken. Bespreek voorbeelde van die eenvoudige en logiese verduidelikings daarin. (Sien lesse 2, 8 en 12.) Toon hoe die prente gebruik kan word om ’n student se hart te bereik. Stel maniere voor waarop hierdie brosjure doeltreffend gebruik kan word. Ouers behoort dit met hulle jong kinders te studeer. Spoor almal aan om dit in die bediening aan te bied wanneer dit ook al gepas is.
15 min: “Wil jy ander graag help?”d Moedig almal in die gemeente aan om gewillig te wees om ander te help.
Lied 156 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.