Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! Bied die Vereis-brosjure aan wanneer iemand belangstelling toon, en wend ’n spesiale poging aan om Bybelstudies te begin. November: Wat vereis God van ons? of Kennis wat tot die ewige lewe lei. As mense dit reeds het, kan ’n ouer publikasie aangebied word. Desember: Die grootste mens wat nog geleef het.
◼ Die ouer manne word daaraan herinner om die instruksies op bladsye 21-3 in Die Wagtoring van 15 April 1991 deur te voer in verband met enige uitgesette of gedissosieerde persoon wat dalk herstel wil word.
◼ Die takkantoor stuur nie lektuur aan individuele verkondigers wat lektuur aanvra nie. Die presiderende opsiener moet reël dat daar elke maand ’n aankondiging gedoen word voor die gemeente se maandelikse lektuuraanvraag na die takkantoor gestuur word sodat almal wat persoonlike lektuuritems wil hê, die lektuurkneg in kennis kan stel. Hou asseblief in gedagte watter publikasies spesiaal aangevraagde items is. Gemeentes wat die lektuurvoorraad koördineer, moet seker maak dat die ander gemeentes wat dieselfde Koninkryksaal gebruik, se voorraad vir hulle gehou word. Dieselfde geld vir verkondigers wat spesifieke items aanvra. Lektuurknegte moet altyd seker maak dat hulle hierdie items gee aan dié wat dit aangevra het.
◼ Maandelikse uitgawes van Die Wagtoring op videokasset in Amerikaanse Gebaretaal sal vanaf die nommer van 1 September 2002 beskikbaar wees.
◼ Gemeentes moet die Kalender van Jehovah se Getuies vir 2003 saam met hulle lektuuraanvraag vir September begin aanvra. Die kalenders sal beskikbaar wees in Afrikaans, Chichewa, Chinees, Cibemba, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Japannees, Malgassies, Pools, Portugees, Shona, Spaans, Suid-Sotho, Swahili, Xhosa en Zulu. Totdat hierdie items beskikbaar is en versend word, sal dit as “Pending” op gemeentelike paklyste verskyn. Dit is spesiaal aangevraagde items, en gemeentes moet dit slegs vir dié verkondigers aanvra wat spesifiek daarvoor gevra het. (Sien Wagtoring-gids vir lektuuraanvrae, Deel 3.)
◼ Gemeentes moet Ondersoek die Skrif elke dag—2003 saam met hulle lektuuraanvraag vir September begin aanvra. Die boekies sal beskikbaar wees in Afrikaans, Chichewa, Chinees, Chitonga (Zambië), Cibemba, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Japannees, Kirundi, Kwanyama, Luvale, Malgassies, Pools, Portugees, Russies, Sepedi, Shona, Silozi, Spaans, Suid-Sotho, Swahili, Tsonga, Tswana, Tumbuka, Venda, Xhosa en Zulu. Totdat hierdie items beskikbaar is en versend word, sal dit as “Pending” op gemeentelike paklyste verskyn. Dit is spesiaal aangevraagde items, en gemeentes moet dit slegs vir dié verkondigers aanvra wat spesifiek daarvoor gevra het. (Sien Wagtoring-gids vir lektuuraanvrae, Deel 3.)
◼ Gemeentes moet die 2003 Yearbook of Jehovah’s Witnesses saam met hulle lektuuraanvraag vir September begin aanvra. Die jaarboeke sal beskikbaar wees in Chinees, Duits, Engels, Engelse braille, Frans, Grieks, Italiaans, Japannees, Kroaties, Portugees, Spaans, Suid-Sotho, Tsonga, Xhosa en Zulu. Totdat hierdie items beskikbaar is en versend word, sal dit as “Pending” op gemeentelike paklyste verskyn. Dit is spesiaal aangevraagde items, en gemeentes moet dit slegs vir dié verkondigers aanvra wat spesifiek daarvoor gevra het. (Sien Wagtoring-gids vir lektuuraanvrae, Deel 3.)
◼ Die Bethelhuis en -fabriek sal op Saterdag, 19 Oktober 2002, vir skoonmaakwerk gesluit wees. Op daardie dag sal daar geen reëlings vir toere wees nie, en gemeentes sal ook nie lektuur kan afhaal nie.
◼ Die spesiale openbare toespraak vir die 2003-Gedenkmaalseisoen sal op Sondag, 27 April, gehou word. Ons sal later die tema van die toespraak aankondig en ’n skets voorsien. In gemeentes wat daardie naweek die besoek van die kringopsiener of ’n byeenkoms het, sal die spesiale toespraak die volgende week gehou word. Die spesiale toespraak moenie voor 27 April 2003 in enige gemeente gehou word nie.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool—Italiaans, Portugees