Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/03 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2003
Ons Koninkryksbediening—2003
km 4/03 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir April en Mei: Bied individuele eksemplare van Die Wagtoring sowel as die Ontwaak! aan. Wanneer herbesoeke by belangstellendes gedoen word, wat dalk diegene insluit wat die Gedenkmaal en/of ander teokratiese geleenthede bygewoon het, maar nie gereeld met die gemeente omgaan nie, kan die nuwe boek Aanbid die enigste ware God aangebied word. Wend ’n spesiale poging aan om ’n tuisbybelstudie te begin, veral met diegene wat reeds die Kennis-boek en die Vereis-brosjure gestudeer het. Junie: Bied die Kennis-boek of die Vereis-brosjure aan. As huisbewoners reeds hierdie publikasies het, kan ’n ander gepaste brosjure gebruik word wat die gemeente in voorraad het. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan gebruik word: Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf, Wat gebeur met ons wanneer ons sterf? en Wat is die doel van die lewe?—Hoe kan jy dit vind?

◼ Dit is belangrik vir die takkantoor dat hulle rekord van adresse en telefoonnommers van alle presiderende opsieners en sekretarisse op datum bly. As daar op enige stadium ’n verandering is, moet die Gemeentelike Dienskomitee dadelik ’n “Verandering van presiderende opsiener/sekretaris se adres”-vorm (S-29) aan die takkantoor stuur. Dit sluit enige veranderinge in telefoonskakelkodes in.

◼ Gemeentelike sekretarisse moet sorg dat hulle genoeg van die volgende vorms het: “Aansoek om gewone pionierdiens” (S-205) en “Aansoek om hulppionierdiens” (S-205b). Dit kan op die Literature Request-vorm (S-14) aangevra word. Hou ten minste ’n jaar se voorraad. Gaan alle aansoekvorms vir gewone pionierdiens na om seker te maak dat dit volledig ingevul is. As dié wat aansoek doen, nie hulle presiese doopdatum kan onthou nie, moet hulle die datum skat en ’n aantekening daarvan maak.

◼ Wanneer julle ook al as deel van julle persoonlike reisplanne gemeentelike vergaderinge of ’n kring- of streekbyeenkoms in ’n ander land wil bywoon, moet julle julle navrae oor datums, tye en plekke aan die takkantoor rig wat oor die werk in daardie land toesig hou. Adresse van takkantore word op die laaste bladsy van die jongste jaarboek aangegee.

◼ Gemeentes moet die bundels van Die Wagtoring en Ontwaak! vir 2002 begin bestel. Die bundels sal in Engels, Duits en Portugees beskikbaar wees. Totdat die bundels beskikbaar is en versend word, sal dit as “Pending” op die gemeente se paklys verskyn. Die bundels is spesiaal aangevraagde items.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel