Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan gebruik word: Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf, Wat gebeur met ons wanneer ons sterf? en Wat is die doel van die lewe?—Hoe kan jy dit vind? September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! Bied die Vereis-brosjure aan as iemand belangstelling toon, en wend ’n spesiale poging aan om Bybelstudies te begin.
◼ Vanaf September sal kringopsieners die openbare toespraak hou met die tema “Waarom die ware God vrees?”
◼ Gemeentes moet saam met hulle lektuuraanvraag vir Julie ’n voldoende voorraad vorms vir die 2004-diensjaar begin aanvra. Die volgende items moet nie aangevra word nie, aangesien dit ingesluit word by die gemeente se jaarlikse voorraad: Gemeenterapport (S-1), koeverte vir gemeenterapport (rce), “Oorbetaling van bydraes”-vorm (S(d)-20), “Ouditverslag van gemeenterekeninge” (S-25), Boekhouvorm (S(d)-26) en die “Maandelikse gemeentelike rekeningverslag” (S(d)-30). Gebruik al hierdie vorms asseblief oordeelkundig. Hulle moet slegs gebruik word vir die doel waarvoor hulle gedruk is.
◼ LET WEL: Die volgende internasionale byeenkomste het verander:
4-7 Desember:
Durban (Engels, Gebaretaal; Afrikaans is gekanselleer)
Durban (Zulu; nuwe byeenkoms)
◼ Zulusprekende verkondigers en belangstellendes word aangemoedig om die internasionale byeenkoms in Durban by te woon, aangesien daar genoeg sitplekke sal wees, terwyl net ’n beperkte hoeveelheid sitplekke in Johannesburg en Pretoria beskikbaar sal wees.