Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 14 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Diensopsiener bespreek reëlings vir ontoegekende gebied. Hersien brief van 30 Mei 2003 oor ontoegekende gebied, asook lektuuraanbod, datums, gebied wat gewerk gaan word, huisvesting en vervoerreëlings. Kan party hulppionierdiens doen? Gemeentes wat nie ontoegekende gebied gaan werk nie, moet reëlings bespreek om gebied te werk wat selde gedek word. Gebruik die wenke op bladsy 4 en hou twee realistiese demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 15 Julie en die Ontwaak! van 22 Julie aangebied kan word in die gemeente se gebied. In elke demonstrasie moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig.
15 min: Hoe verryk die aanbidding van Jehovah ons lewe? Gehoorbespreking. Ware aanbidding is die sleutel tot ’n gelukkige, betekenisvolle lewe. (1) Dit help ons om die probleme en bekommernisse van die lewe die hoof te bied (Fil. 4:6, 7). (2) Dit spoor ons aan om godvrugtige eienskappe aan te kweek (2 Pet. 1:5-8). (3) Dit help ons om ons tyd en middele op die beste manier te gebruik (1 Tim. 6:17-19). (4) Dit voorsien ’n vaste hoop vir die toekoms (2 Pet. 3:13). (5) Dit stel ons in staat om ’n hegte verhouding met Jehovah te ontwikkel (Jak. 4:8). Toon hoe hierdie dinge ontbreek onder mense wat Jehovah nie ken of dien nie.
20 min: “Dankbaar vir God se barmhartigheid.”a Gee wenke oor hoe ’n tydskrifroete begin kan word, gebaseer op Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1998, bladsy 12, wanneer paragraaf 3 bespreek word. Vra een of twee bekwame verkondigers watter benadering hulle doeltreffend gevind het om Bybelstudies te begin. Moedig almal aan om hulle dit ten doel te stel om ’n Bybelstudie te begin en te hou.—om-AF bl. 91.
Lied 176 en slotgebed.
Week wat begin met 21 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
10 min: “Nuwe kringbyeenkomsprogram.” Toespraak en gehoorbespreking. Kondig die datum aan van die volgende kringbyeenkoms. As die gemeente hulle byeenkoms binne die volgende paar maande gaan bywoon, moet dié wat gedoop wil word, die presiderende opsiener in kennis stel. Spoor almal aan om ’n spesiale poging aan te wend om Bybelstudente te nooi en elke sessie by te woon.
25 min: Volg hulle vrymoedigheid in die predikingswerk na. Gehoorbespreking gebaseer op die Aanbid God-boek, bladsye 170-1. Nooi die gehoor om die vrae in paragraaf 7 te beantwoord en om die teksverwysings by hulle kommentare in te sluit. Lees gekose tekste. Beklemtoon watter lesse ons uit hierdie verslae leer en hoe dit ons help om die regte beskouing van ons predikingstoewysing te hê.
Lied 201 en slotgebed.
Week wat begin met 28 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Julie in te gee. Gebruik die wenke op bladsy 4 en hou twee afsonderlike demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 1 Augustus en die Ontwaak! van 8 Augustus aangebied kan word. In elke demonstrasie moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig. In een van die demonstrasies moet die verkondiger informeel getuig.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Groepgetuieniswerk bring vreugde mee.”b Sluit kommentare in oor die Vraebus in Ons Koninkryksbediening vir September 2001, wanneer paragraaf 3 bespreek word. Voer ’n kort onderhoud met ’n Gemeentelike Boekstudieopsiener. Vra watter velddiensreëlings hy vir sy boekstudiegroep getref het en hoe die groep daarby baat vind wanneer hulle saam aan die predikingswerk deelneem.
Lied 36 en slotgebed.
Week wat begin met 4 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings. Meld lektuuraanbod vir die maand. Demonstreer een of twee kort aanbiedings wat gebruik kan word.
20 min: “Verspreiding van lektuur in veeltalige gebied.”c Gebruik die vrae wat voorsien word. Demonstreer ’n eenvoudige aanbieding in ’n vreemde taal wat in die plaaslike gebied gepraat word en waarvoor daar geen gemeente is nie, wanneer paragraaf 3 bespreek word.—km-AF 7/02 bl. 1 par. 4.
15 min: Jongmense loof Jehovah! Toespraak met gehoorbespreking en onderhoude. Ons geniet dit om jongmense se goed voorbereide kommentare by vergaderinge te hoor. Hulle ywer en hulle vordering op die Teokratiese Bedieningskool verbly ons hart. Hulle toon ware geloof deur ’n goeie getuienis in die bediening te gee. Hulle godvrugtige gedrag vereer Jehovah (yb88 bl. 53-4). Hulle geestelike vordering lê ’n grondslag vir toekomstige voorregte. Voer kort onderhoude met twee of drie jong Christene wat gereeld aan gemeentelike bedrywighede deelneem. Prys die jongmense in die gemeente hartlik vir hulle uitstekende pogings om Jehovah te loof.
Lied 49 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.