Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/03 bl. 11
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2003
Ons Koninkryksbediening—2003
km 10/03 bl. 11

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! Bied die Vereis-brosjure aan as iemand belangstelling toon, en wend ’n spesiale poging aan om Bybelstudies te begin. November: Wat vereis God van ons? of Kennis wat tot die ewige lewe lei. As mense dit reeds het, kan Aanbid die enigste ware God of ’n ouer publikasie aangebied word. Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Andersins kan My boek met Bybelverhale of Die Bybel—God se woord of die mens s’n? gebruik word. Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe kan aangebied word as die gemeente dit in voorraad het. Januarie: Enige boek wat voor 1988 uitgegee is, wat die gemeente dalk in voorraad het. As julle dit nie in voorraad het nie, kan julle gerus by nabygeleë gemeentes uitvind of hulle ’n groot voorraad ouer publikasies het wat julle kan gebruik. Gemeentes wat nie ouer boeke het nie, kan Die mensdom se soeke na God of Die geheim van gesinsgeluk aanbied.

◼ Een van die byvoegsels tot Ons Koninkryksbediening vir hierdie maand is die “Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 2004”, en dit moet gehou word vir gebruik gedurende 2004.

◼ Die ouer manne in gemeentes wat toegewys is om ’n internasionale byeenkoms by te woon, kan besluit of die boekstudie vroeër daardie week gehou sal word of reël dat die helfte van die toegewese les die week voor die byeenkoms en die ander helfte die week daarna gedek word. Lig die gemeente vooraf hieroor in. Gemeentes wat ’n streekbyeenkoms bywoon, moet hulle boekstudie gedurende die week van die byeenkoms hou. Die Skool en Diensvergadering sal nie gedurende die week van die byeenkoms gehou word nie.

◼ As julle gemeente se vergaderingtye op 1 Januarie gaan verander, moet die gemeentelike sekretaris die takkantoor van die veranderinge in kennis stel deur ’n Congregation Meeting Information-vorm (S-5) in te stuur. Indien nodig, kan ’n nuwe voorraad strooibiljette bestel word deur ’n Handbill Request-vorm (S-16) in te stuur. Strooibiljette moet ten minste agt weke voordat julle dit gaan nodig hê, aangevra word.

◼ Gemeentes moet die 2004-jaarteks saam met hulle lektuur vir Oktober begin aanvra. Dit is slegs beskikbaar in hierdie grootte: 1 000 mm x 350 mm. Die jaarteks sal in Afrikaans, Engels, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu beskikbaar wees. Gemeentes mag slegs een jaarteks per taal aanvra. Ons stel voor dat gemeentes die nuwe jaarteks teen 1 Januarie 2004 vertoon.

◼ Die takkantoor stuur nie lektuur aan individuele verkondigers wat dit aanvra nie. Die presiderende opsiener moet reël dat daar elke maand ’n aankondiging gedoen word voor die gemeente se maandelikse lektuuraanvraag na die takkantoor gestuur word sodat almal wat persoonlike lektuuritems wil hê, die lektuurkneg in kennis kan stel. Hou asseblief in gedagte watter publikasies spesiaal aangevraagde items is.

◼ Die spesiale openbare toespraak vir die 2004-Gedenkmaalseisoen sal op Sondag 18 April gehou word. Die titel van die toespraak sal later aangekondig word. Gemeentes wat daardie naweek die kringopsiener se besoek of ’n byeenkoms het, sal die spesiale toespraak die volgende week hê. Geen gemeente moet die spesiale toespraak voor 18 April 2004 hou nie.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Watch Tower Publications Index 2002—Engels

◼ Nuwe oudiokassette beskikbaar:

Singing Kingdom Songs—Nr. 3—Zulu

◼ Nuwe videokassette beskikbaar:

Elementary Bible Teachings—On Videocassette, Volume 1—Amerikaanse Gebaretaal

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel