Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 27 Oktober 2003. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 1 September tot 27 Oktober 2003. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]
SPRAAKHOEDANIGHEDE
1. Wat word bedoel met die raad wat in 1 Timoteus 2:9 gegee word oor “goed versorgde kleredrag”, en watter uitwerking kan dit hê wanneer ons op die verhoog of in die bediening is? [be-AF bl. 132 par. 4-5]
2. Watter uitwerking moet die Bybelbeginsels wat in 1 Johannes 2:15-17, Efesiërs 2:2 en Romeine 15:3 uiteengesit word, op ons persoonlike voorkoms hê? [be-AF bl. 133 par. 2-4]
3. Waarom is innerlike beheerstheid belangrik, en wat sal ons help om innerlike beheerstheid aan die dag te lê wanneer ons ’n deel op die verhoog het of aan die bediening deelneem? [be-AF bl. 135 venster; bl. 136 par. 6, venster]
4. Hoe het Jesus, as “die getroue en waaragtige getuie”, vir ons die voorbeeld gestel om die Bybel in die bediening te gebruik? (Op. 3:14). [be-AF bl. 143 par. 2-3]
5. Hoe kan ons bekwamer word in ons gebruik van die Bybel? (Tit. 1:9). [be-AF bl. 144 par. 1, venster]
TOESPRAAK NR. 1
6. Wat behels studie, en wat is van die voordele as ons God se Woord gereeld bestudeer? [1 en 6, be-AF bl. 27 par. 3; bl. 32 par. 4]
7. Wat is volgens Jakobus 1:5, 6 noodsaaklik wanneer ons voor ’n moeilike besluit te staan kom? [w01-AF 9/1 bl. 28 par. 4]
8. Wat is absolute datums, en waarom is dit van groot waarde? [si-AF bl. 282 par. 27]
9. Hoe is iemand wat “’n slegte berig versprei”, dwaas? (Spr. 10:18). [w01-AF 9/15 bl. 25 par. 3]
10. Hoe sal mense Jehovah se beskouing van tyd beter kan verstaan in die nuwe wêreld? [si-AF bl. 283 par. 32]
WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE
11. Waar of Onwaar: In 1 Korintiërs 2:9 verwys die apostel Paulus na dinge wat Jehovah as ’n erfenis vir sy getroue volk voorberei het. Verduidelik. [ip-2-AF bl. 366 venster]
12. Op watter versoekings is die woorde in 1 Korintiërs 10:13 van toepassing, en hoe ‘gee Jehovah die uitweg’? [w91-AF 10/1 bl. 10-11 par. 11-14]
13. Hoe word Christene deur Jesus se voorbeeld van vrygewigheid geraak? (2 Kor. 8:9). [w92-AF 1/15 bl. 16 par. 10]
14. Hoe was die Wet ’n ‘tugmeester wat na Christus gelei het’? (Gal. 3:24). [w02-AF 6/1 bl. 15 par. 11]
15. Wat is die “elementêre dinge van die wêreld” waarteen ons moet waak sodat ons nie mislei word nie? (Kol. 2:8).