Vraebus
◼ Moet ’n gesinsbybelstudie in die gemeente gerapporteer word?
As ’n Christenouer ’n gesinsbybelstudie hou waarby ongedoopte kinders betrokke is, kan die ouer ’n maksimum van een uur per week, een herbesoek per week en een tuisbybelstudie per maand rapporteer. Dit sal die geval wees al duur die studie langer as ’n uur, al word dit meer as een keer per week gehou en al word dit met elke kind afsonderlik gehou.—Sien Ons bediening-boek, bl. 104.
As almal in die huis gedoopte Getuies is, word nie die tyd of die studie as velddiens gerapporteer nie (tensy ’n kind nog besig is om die tweede boek ná sy doop te studeer). Dit is omdat die gemeente se velddiensrapport hoofsaaklik weerspieël wat gedoen word om die goeie nuus te verkondig en Bybelwaarhede aan diegene te leer wat nie toegewyde en gedoopte knegte van Jehovah is nie (Matt. 24:14; 28:19, 20). Maar dit maak dit geensins minder belangrik om so ’n studie gereeld te hou nie.
Dit is die verantwoordelikheid van Christenouers om met hulle kinders te studeer. Diegene wat hulp nodig het om hulle gesinstudie te begin of te verbeter, kan die ouer manne vra om hulle te help. As dit weens omstandighede raadsaam is dat ’n ander verkondiger ’n Bybelstudie hou met ’n ongedoopte seun of dogter van ’n Christengesin wat met die gemeente assosieer, moet die presiderende opsiener of die diensopsiener geraadpleeg word. As so ’n studie goedgekeur word, kan die een wat dit hou, dit rapporteer net soos hy of sy enige ander Bybelstudie sal rapporteer.
Die opleiding van kinders in Jehovah se weë verg veel meer tyd en inspanning as wat op ’n velddiensrapport verskyn (Deut. 6:6-9; Spr. 22:6). Christenouers moet geprys word dat hulle hulle gewigtige verantwoordelikheid nakom om hulle kinders “in die dissipline en verstandsregulering van Jehovah op te voed”.—Ef. 6:4.