Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/04 bl. 2-7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2004
Ons Koninkryksbediening—2004
km 2/04 bl. 2-7

Aankondigings

◼ Februarie: Kom nader aan Jehovah. As hierdie publikasie nie beskikbaar is nie, kan jy die Skepping-boek (groot of klein eksemplaar) of die Openbaring-boek aanbied. Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei. ’n Spesiale poging moet aangewend word om tuisbybelstudies te begin. As mense reeds hierdie publikasie het, kan Gee ag op Daniël se profesie! aangebied word. April en Mei: Bied individuele eksemplare van Die Wagtoring sowel as die Ontwaak! aan. Wanneer ons herbesoeke by belangstellendes doen, wat dalk diegene insluit wat die Gedenkmaal en/of ander teokratiese geleenthede bywoon, maar nie gereeld met die gemeente omgaan nie, moet ons ons daarop toespits om die Aanbid God-boek by hulle te laat. Ons moet alles in ons vermoë doen om ’n tuisbybelstudie te begin, veral met diegene wat reeds die Kennis-boek en die Vereis-brosjure gestudeer het.

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Maart of so gou moontlik daarna ouditeer. Wanneer dit gedoen is, moet julle dit in die gemeente aankondig nadat die volgende rekeningverslag gelees is. Lees enige briewe ter erkenning van bydraes wat die gemeente gemaak het vir die wêreldwye werk en tot enige ander fonds wat deur die organisasie gesteun word.

◼ “Wees moedig en vertrou op Jehovah” sal die tema van die spesiale openbare toespraak vir die 2004-Gedenkmaalseisoen wees. Sien die aankondiging in Ons Koninkryksbediening vir Oktober 2003 wat hiermee verband hou.

◼ Gemeentes moet geskikte reëlings tref om die Gedenkmaal vanjaar op Sondag, 4 April, ná sononder te vier. Hoewel die toespraak vroeër kan begin, moet daar eers ná sononder begin word om die embleme om te stuur. Doen by plaaslike bronne navraag om te bepaal hoe laat sononder in julle omgewing sal wees. Aangesien geen vergaderinge behalwe velddiensvergaderinge op daardie dag gehou moet word nie, moet gepaste reëlings getref word sodat die Wagtoring-studie op ’n ander tyd gehou kan word. Kringopsieners sal hulle vergaderingrooster vir die week na gelang van plaaslike omstandighede moet aanpas. Hoewel dit verkieslik is dat elke gemeente sy eie Gedenkmaalviering hou, is dit miskien nie altyd moontlik nie. As ’n paar gemeentes gewoonlik dieselfde Koninkryksaal gebruik, kan een of meer gemeentes miskien ander fasiliteite vir daardie aand gebruik. Ons stel voor dat daar, indien moontlik, ten minste 40 minute tussen die programme gelaat word sodat almal ten volle by die geleentheid kan baat vind. Verkeerstoestande en parkering moet ook in aanmerking geneem word, asook die feit dat passasiers op- en afgelaai moet word. Die liggaam van ouer manne moet besluit watter reëlings plaaslik die beste sal wees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel