Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 9 Februarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 8 en demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Februarie en die Ontwaak! van 22 Februarie aangebied kan word. In elke demonstrasie moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig. Demonstreer in een van die aanbiedings hoe die gesprekdemper “Ek het my kerk” oorkom kan word.—Sien die Redenering-boek, bladsye 18-19.
10 min: “Vind baat by ’n studie van Kom nader aan Jehovah.” ’n Toespraak deur ’n Gemeentelike Boekstudieopsiener gebaseer op die artikel. Vestig die aandag op die studierooster wanneer paragraaf 2 bespreek word. Lees en bespreek paragraaf 23 op bladsy 25 van die boek wanneer paragraaf 3 bespreek word.
25 min: “Hou aan om Jehovah se wonderlike werke te verkondig.”a (Paragrawe 1-10) Moet deur die diensopsiener behartig word. Gebruik die vrae wat voorsien word. Wek geesdrif vir groter velddiensbedrywighede gedurende die Gedenkmaalseisoen.
Lied 90 en slotgebed.
Week wat begin met 16 Februarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Moedig almal aan om die vrae op bladsy 1 te gebruik wanneer hulle hulle aantekeninge hersien ter voorbereiding van die gehoorbespreking van die “Gee God heerlikheid”-byeenkomsprogram by volgende week se Diensvergadering.
15 min: Loof Jehovah “in die midde van die gemeente”. Gehoorbespreking gebaseer op Die Wagtoring van 1 September 2003, bladsye 19-22. (1) Hoe beklemtoon Psalm 22:22, 25 die rede waarom ons by vergaderinge kommentaar lewer? (2) Waarom is gebed nuttig? (3) Waarom is voorbereiding nodig? (4) Watter doelwit moet ons almal stel wat vergaderinge betref? (5) Waarom help dit as ons voor in die saal sit? (6) Waarom is dit belangrik om te luister na wat ander sê? (7) Hoe kan ons in ons eie woorde antwoord? (8) Hoe kan ons ander deur ons kommentare aanmoedig? (9) Watter verantwoordelikheid het die studiehouer?
20 min: “Hou aan om Jehovah se wonderlike werke te verkondig.”b (Paragrawe 11-17) Gebruik die vrae wat voorsien word. Sluit ’n kort demonstrasie in van ’n verkondiger wat ’n huisbewoner tydens ’n herbesoek na die Gedenkmaal nooi.
Lied 75 en slotgebed.
Week wat begin met 23 Februarie
5 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Gebruik die wenke op bladsy 8 en demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Maart en die Ontwaak! van 8 Maart aangebied kan word. In elke demonstrasie moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig. Vra aan die einde van een van die aanbiedings ’n gedagteprikkelende vraag wat met die volgende besoek beantwoord kan word deur die Vereis-brosjure te gebruik.
40 min: “Streek- en internasionale byeenkomste spoor ons aan om God heerlikheid te gee!” Moet deur ’n ouer man behartig word. Ná ’n inleiding van ’n minuut of minder moet ’n gehoorbespreking van die byeenkomsprogram gehou word deur die vrae in die artikel te gebruik. Verdeel die tyd sodat al die vrae gedek kan word, deur miskien net een antwoord op sekere vrae te kry. Nie al die teksverwysings kan in die toegewese tyd gelees word nie; hulle is ingesluit om antwoorde te help vind. Kommentare moet die aandag vestig op hoe ons daarby sal baat vind as ons toepas wat ons geleer het.
Lied 81 en slotgebed.
Week wat begin met 1 Maart
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Februarie in te gee. Meld lektuuraanbod vir Maart en hersien kortliks een van die voorgestelde aanbiedings in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2002.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Ons kan doen wat Jehovah van ons verwag.”c Gebruik die vrae wat voorsien word. Vestig die aandag op die teksverwysings na gelang van die tyd.
Lied 98 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.