Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir April en Mei: Bied individuele eksemplare van Die Wagtoring sowel as die Ontwaak! aan. Wanneer ons herbesoeke by belangstellendes doen, wat dalk diegene insluit wat die Gedenkmaal en/of ander teokratiese geleenthede bygewoon het, maar nie gereeld met die gemeente omgaan nie, moet ons ’n spesiale poging aanwend om die Aanbid God-boek by hulle te laat. Ons moet alles in ons vermoë doen om ’n tuisbybelstudie te begin, veral met diegene wat reeds die Kennis-boek en die Vereis-brosjure gestudeer het. Junie: Leer by die Groot Onderwyser. As mense sê dat hulle nie kinders het nie, kan die Vereis-brosjure aangebied word. Wanneer die brosjure gebruik word, moet ’n spesiale poging aangewend word om tuisbybelstudies te begin. Julie en Augustus: Enige brosjure met 32 bladsye, behalwe Jehovah se Getuies en opvoeding en Hoe kan bloed jou lewe red?
◼ Gemeentes moet die bundels van Die Wagtoring en Ontwaak! vir 2003 begin bestel. Die bundels sal in Engels, Duits en Portugees beskikbaar wees. Totdat die bundels beskikbaar is en versend word, sal dit as “Pending” op die gemeente se paklys verskyn. Die bundels is spesiaal aangevraagde items.
◼ Dit is belangrik vir die takkantoor dat hulle rekord van adresse en telefoonnommers van alle presiderende opsieners en sekretarisse op datum bly. As daar op enige stadium ’n verandering is, moet die Gemeentelike Dienskomitee dadelik ’n “Verandering van presiderende opsiener/sekretaris se adres”-vorm (S-29) aan die takkantoor stuur. Dit sluit enige veranderinge in telefoonskakelkodes in.
◼ Nuwe DVD’s beskikbaar:
Elementary Bible Teachings—Amerikaanse Gebaretaal. Hierdie DVD bevat die inligting en die doopvrae wat op bladsye 171-218 van die Ons bediening-boek verskyn en het meer as 300 aangehaalde tekste. Net soos met die video-weergawe sal belangstellende dowes wat gedoop wil word, hierdie materiaal nuttig vind wanneer hulle voorberei om die vrae voor hulle doop deur te gaan. Die ouer manne sal ook hierdie DVD nuttig vind wanneer hulle die vrae met potensiële doopkandidate hersien.