Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/04 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 12 April
  • Week wat begin met 19 April
  • Week wat begin met 26 April
  • Week wat begin met 3 Mei
Ons Koninkryksbediening—2004
km 4/04 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 12 April

Lied 93

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 4 en demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 April en die Ontwaak! van 22 April aangebied kan word. In elke demonstrasie moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig. Gebruik ook in elke demonstrasie ’n ander manier om die gesprekdemper “Ek is besig” te oorkom.—Sien Redenering-boek, bladsye 19-20.

15 min: “Ons gee Jehovah ons beste.”a Wanneer paragraaf 4 bespreek word, kan die gehoor gevra word op watter spesifieke maniere ons liefde kan betoon teenoor mense in ons bediening.

20 min: “Moenie die vorming van jou kind se hart aan die toeval oorlaat nie!” Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 15 Februarie 2003, bladsye 23-7. Pas dit aan by plaaslike omstandighede in die gemeente. Indien beskikbaar, voer ’n onderhoud met ouers wat die riglyne in die artikel met welslae toegepas het.

Lied 91 en slotgebed.

Week wat begin met 19 April

Lied 55

10 min: Plaaslike aankondigings.

20 min: “Volg Jesus se geestesgesindheid na.”b Gebruik die vrae wat voorsien word. Wanneer paragraaf 4 bespreek word, kan diegene wat as hulppioniers dien, gevra word watter seëninge hulle as gevolg daarvan ontvang het.

15 min: “Sien Jehovah wat jy doen?” Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op Die Wagtoring van 1 Mei 2003, bladsye 28-31. Pas dit plaaslik toe.

Lied 80 en slotgebed.

Week wat begin met 26 April

Lied 46

15 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Herinner verkondigers daaraan om velddiensrapporte vir April in te gee. Meld die lektuuraanbod vir Mei. Gebruik die wenke op bladsy 4 en demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Mei en die Ontwaak! van 8 Mei aangebied kan word. In elke demonstrasie moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig. Demonstreer in een van die aanbiedings hoe daar vir ’n werksmaat of skoolmaat getuig word.

20 min: Plaaslike behoeftes.

10 min: “Leer die geheim van vergenoegdheid.” Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 1 Junie 2003, bladsye 8-11. Neem die omstandighede van die plaaslike broers in ag. Moedig dié wie se omstandighede hulle toelaat, aan om die voltydse diens te oorweeg.

Lied 38 en slotgebed.

Week wat begin met 3 Mei

Lied 48

10 min: Plaaslike aankondigings.

20 min: “Jongmense—Lees God se Woord!”c Reël vooraf dat een of twee jongmense kommentaar lewer oor hulle program van Bybellees en hoe hulle daarby baat vind. Moedig jongmense aan om dit hulle doelwit te maak om die hele Bybel deur te lees. Sluit kommentare uit die Bedieningskool-boek, bladsy 10, paragraaf 4, in.

15 min: ’n Goeie verslag—’n rede tot blydskap (Spr. 15:30). Gehoorbespreking om te toon wat die gemeente gedurende Maart en April bereik het weens die spesiale poging wat aangewend is. Nooi gemeente om positiewe ondervindinge te vertel wat hulle op die volgende gebiede gehad het: Deur (1) ’n belangstellende te help om die Gedenkmaal by te woon, (2) as ’n hulppionier te dien, (3) ’n onbedrywige verkondiger aan te moedig om weer bedrywig in die gemeente te word, (4) ’n nuweling te help om velddiens te begin doen en (5) die belangstelling van diegene wat die Gedenkmaal bygewoon het, verder te ontwikkel. Reël party van hierdie kommentare vooraf. Prys die gemeente en moedig almal aan om in die toekoms so voort te gaan.

Lied 164 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel