Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/04 bl. 12
  • Hoe kan ons ongelowige huweliksmaats help?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kan ons ongelowige huweliksmaats help?
  • Ons Koninkryksbediening—2004
Ons Koninkryksbediening—2004
km 10/04 bl. 12

Hoe kan ons ongelowige huweliksmaats help?

1 Talle knegte van Jehovah is met iemand getroud wat vriendelik teenoor die broers is en belangstelling in die gemeente toon, maar wat teësinnig is om knegte van God te word. Een van hierdie mans het erken: “Die gedagte om van huis tot huis te gaan, was vir my ’n groot struikelblok.” Ander het dalk onskriftuurlike gewoontes wat hulle moet aflê, of hulle voel dalk dat hulle nooit by die besige teokratiese rooster kan bly wat hulle huweliksmaat volg nie. Hoe kan ons hulle help?

2 Toon persoonlike belangstelling: As jy persoonlike belangstelling in ander toon en op dinge let wat hulle kwel, kan dit vir hulle die weg baan om op Bybelwaarheid te reageer (Fil. 2:4). Diegene wat voorheen nie soos hulle huweliksmaat geglo het nie, meld dikwels die liefdevolle belangstelling wat ander getoon het. “José, ’n ouer man in die gemeente, het spesiale belangstelling in my getoon”, het die man verduidelik wat vroeër aangehaal is. “Ek dink dit was sy aanmoediging wat my uiteindelik laat besluit het om ernstig te studeer.” ’n Ander man onthou dat broers wat hom besoek het, oor sy belangstellings gesels het. “Ek het [my vrou] se geloof uit ’n heel ander oogpunt begin sien”, het hy gesê. “Haar vriende was baie intelligente mense wat oor ’n verskeidenheid onderwerpe kon gesels.”—1 Kor. 9:20-23.

3 Gee praktiese hulp: Huweliksmaats wat nie Getuies is nie, kan ook geraak word deur die liefdevolle hulp wat aan hulle verleen word (Spr. 3:27; Gal. 6:10). Toe ’n ongelowige man se motor onklaar geraak het, het ’n jong Getuie hom kom help. “Dit het my werklik beïndruk”, het hy gesê. ’n Ander broer het ’n suster se ongelowige man ’n hele dag lank gehelp om ’n heining op sy eiendom op te rig. Terwyl hulle saam gewerk en gesels het, het hulle vriende geword. Twee weke later het die man die broer genader en gesê: “Dis tyd dat ek ’n paar veranderinge in my lewe maak. Sal jy die Bybel met my studeer?” Hy het vinnig vooruitgang gemaak en is nou ’n gedoopte Getuie.

4 Laat ons, terwyl ons voortgaan om verdienstelikes in ons gebied te soek, aanhou om diegene te probeer bereik wat met medegelowiges getroud is.—1 Tim. 2:1-4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel