Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/04 bl. 11
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Onderhofies
  • TOESPRAAK NR. 1
Ons Koninkryksbediening—2004
km 10/04 bl. 11

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 25 Oktober 2004. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 6 September tot 25 Oktober 2004. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]

SPRAAKHOEDANIGHEDE

1. Hoe kan ons in ’n toespraak wat oor die een of ander aspek van ons Christelike bedrywigheid handel, ’n positiewe toon behou? [be-AF bl. 203 par. 3-4]

2. Wat is herhaling, en waarom is dit belangrik? [be-AF bl. 206 par. 1-4]

3. Hoe kan ons die tema van ons toespraak beklemtoon? [be-AF bl. 210 par. 1-5, venster]

4. Hoe kan ons bepaal watter hoofpunte ons moet gebruik as ons ’n toespraak hou? [be-AF bl. 212 par. 1-4]

5. Waarom moet ons daarop let dat ons nie te veel hoofpunte het nie? [be-AF bl. 213 par. 2-4]

TOESPRAAK NR. 1

6. Watter verwikkelinge voor die Vloed het dit miskien vir mense moeilik gemaak om te glo dat alles om hulle tot ’n einde gaan kom? [w02-AF 3/1 bl. 5-6]

7. Waarom is dit opmerkenswaardig dat Jesus se tydgenote hom as “Leermeester” en nie as “Geneser” aangespreek het nie? (Luk. 3:12; 7:40). [w02-AF 5/1 bl. 4 par. 3; bl. 6 par. 6]

8. Hoe beklemtoon Spreuke 11:24, 25 die waarde daarvan om ’n volle aandeel aan die veldbediening te hê? [w02-AF 7/15 bl. 30 par. 3-5]

9. Watter sedelike geskil het weens die opstand in Eden ontstaan, en wat was die gevolge van daardie opstand? (Gen. 3:1-6). [w02-AF 10/1 bl. 6 par. 1; bl. 6 par. 3-4]

10. Hoe word die datum bereken waarop ware aanbidding in Jerusalem herstel is? [si-AF bl. 285 par. 5]

WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE

11. Waarom was Jehovah toornig toe Bileam saam met Balak se manne gegaan het, aangesien Hy vir Bileam gesê het om dit te doen? (Num. 22:20-22).

12. Kan ’n Christenvrou se man haar geloftes nietig verklaar? (Num. 30:6-8).

13. Wat word vandag deur die “vrystede” afgebeeld? (Num. 35:6). [w95-AF 11/15 bl. 17 par. 8]

14. Moet die bevel in Deuteronomium 6:6-9 om ‘God se wet op die hand te bind en as ’n voorhoofsband te dra’, letterlik verstaan word?

15. Beteken die uitdrukking “jou mantel het nie aan jou verslyt nie” bloot dat die Israeliete se klerevoorraad aangevul is? (Deut. 8:4).

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel