Aankondigings
◼ November: Leer by die Groot Onderwyser of Wat vereis God van ons? Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Januarie: Enige boek wat voor 1990 uitgegee is en wat die gemeente dalk in voorraad het. As julle nie daarvan in voorraad het nie, kan julle gerus by nabygeleë gemeentes uitvind of hulle ’n groot voorraad ouer publikasies het wat julle kan gebruik. Februarie: Kom nader aan Jehovah.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Desember of so gou moontlik daarna ouditeer. As julle ’n afsonderlike bankrekening vir instandhouding, bouwerk of iets soortgelyks het, moet julle reël dat hierdie rekening ook geouditeer word. Wanneer die oudit(s) gedoen is, moet julle dit in die gemeente aankondig wanneer die volgende rekeningverslag gelees word.
◼ Gemeentes moet die bundels van Die Wagtoring en Ontwaak! vir 2004 saam met hulle volgende lektuuraanvraag begin aanvra. Die bundels sal beskikbaar wees in Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Japannees, Koreaans, Kroaties, Nederlands, Pools, Portugees, Roemeens, Russies en Spaans. Totdat die bundels beskikbaar is en versend word, sal dit as “Pending” op die gemeente se paklys verskyn. Die bundels is spesiaal aangevraagde items.
◼ Presiderende opsiener: Onthou asseblief om die Unassigned Territory Assignment-verslag (S-91) in te vul en saam met die gebiedskaart na die takkantoor terug te stuur. Dit moet voor 15 November 2004 gedoen word. Sluit ook interessante ondervindinge in. Die regte posgeld moet vir die groot koevert betaal word.
◼ Gemeentes wat dit nog nie gedoen het nie, moet die “Advance Medical Directive/Release”-kaarte en “Identity”-kaarte saam met hulle lektuuraanvraag vir Desember aanvra. Vra dit asseblief in veelvoude van 20 aan. Moenie hierdie kaarte uitdeel nie. Hou dit totdat julle verdere instruksies in Ons Koninkryksbediening ontvang.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Ondersoek die Skrif elke dag—2005—Groot druk—Portugees, Zulu