Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/04 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 8 November
  • Week wat begin met 15 November
  • Week wat begin met 22 November
  • Week wat begin met 29 November
  • Week wat begin met 6 Desember
Ons Koninkryksbediening—2004
km 11/04 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Let wel: In Ons Koninkryksbediening sal daar ’n Diensvergaderingprogram vir elke week gedurende die streekbyeenkomsmaande verskyn. Gemeentes kan die nodige aanpassings maak sodat hulle die “Wandel met God”-streekbyeenkoms kan bywoon. Waar gepas kan julle 15 minute van die laaste Diensvergadering voor die streekbyeenkoms gebruik om spesifieke raad wat plaaslik van toepassing is, uit die byvoegsel vir Oktober te herhaal. Gedurende Februarie 2005 sal ’n hele Diensvergadering gereël word om byeenkomshoogtepunte te hersien. Ter voorbereiding vir daardie bespreking kan ons almal sinvolle aantekeninge by die byeenkoms maak, wat ’n lys punte kan insluit wat ons in ons persoonlike lewe en in die veldbediening wil toepas. Dan kan ons ander aanmoedig deur te verduidelik hoe ons die wenke toegepas het.

Week wat begin met 8 November

Lied 180

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Ons sal gedurende November Leer by die Groot Onderwyser aanbied. Hersien kortliks die voorgestelde aanbiedings in Ons Koninkryksbediening vir Mei 2004, bladsy 3.

15 min: Het jy al jou werkgewer genader? Toespraak en gehoorbespreking deur ’n ouer man, gebaseer op die artikel “Sal jy daar wees?” in Ons Koninkryksbediening vir Oktober 2002, bladsy 1. Sluit kommentaar in uit die Bedieningskool-boek, bladsy 67.

20 min: “Behou ’n gevoel van dringendheid!”a Sluit kommentaar in uit Die Wagtoring van 15 Januarie 2000, bladsye 12-13.

Lied 19 en slotgebed.

Week wat begin met 15 November

Lied 170

10 min: Plaaslike aankondigings. As die wenke op bladsy 4 vir julle gemeente se gebied prakties is, kan dit gebruik word om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 November en die Ontwaak! van 22 November aangebied kan word. Ander realistiese aanbiedings kan gebruik word.

20 min: Ondervind jy die geluk wat dit verskaf om te gee? Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 1 November 2004, bladsye 19-23.

15 min: Skep behae daarin om ander te help (Joh. 4:34). Onderhoude. Dit is ’n vreugde om te sien hoe iemand se gesig verhelder wanneer hy waarhede uit God se Woord leer (w94-AF 3/1 bl. 29 par. 5-6). Voer ’n onderhoud met twee of drie verkondigers of pioniers wat met welslae die Bybel in die bediening gebruik en Bybelstudies begin en hou. Hoe hou hulle die belangstelling wat hulle vind lewendig? Watter vreugde verskaf dit hulle? Reël dat hulle ondervindinge wat hulle in hulle bediening gehad het, vertel of demonstreer.

Lied 66 en slotgebed.

Week wat begin met 22 November

Lied 199

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

20 min: Plaaslike behoeftes.

15 min: Vind ten volle baat by die Diensvergadering. Gehoorbespreking gebaseer op die Ons bediening-boek, bladsye 71-2. Op watter vyf maniere help die Diensvergadering ons om as Christenbedienaars te verbeter? Haal voorbeelde aan uit die huidige maand se program. Watter voordele hou dit in om voor die tyd voor te berei? Waarom moet ons dit gereeld bywoon? Watter skriftuurlike presedent is daar vir hierdie vergadering?

Lied 58 en slotgebed.

Week wat begin met 29 November

Lied 23

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir November in te gee. Demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Desember en die Ontwaak! van 8 Desember aangebied kan word.

10 min: Vraebus. Toespraak deur ’n ouer man.

25 min: “Hou progressiewe Bybelstudies—Deel 3.”b Gebruik die vrae wat voorsien word. Nadat paragraaf 3 bespreek is, moet ’n kort demonstrasie van ’n Bybelstudie in die Vereis-brosjure, les 5, paragraaf 1, ingesluit word. Die paragraaf is reeds gelees en die vraag is beantwoord. Die studiehouer en student lees en bespreek Jesaja 45:18 en Prediker 1:4. Die studiehouer gebruik eenvoudige vrae om die student aan te spoor om te verduidelik hoe elke teks verband hou met die gedagte wat bespreek word.

Lied 178 en slotgebed.

Week wat begin met 6 Desember

Lied 96

10 min: Plaaslike aankondigings. Meld lektuuraanbod vir Desember. Demonstreer een of twee maniere waarop die Grootste mens-boek aangebied kan word.

20 min: “Kan jy ’n helpende hand bied?”c Voer ’n onderhoud met een of twee verkondigers wat dankbaar is vir hulp of aanmoediging wat ander hulle gegee het.

15 min: Plaaslike ondervindinge. Nooi gehoor om ondervindinge te vertel wat hulle in ontoegekende gebied gehad het of in die gemeente se gebied waarin daar selde gewerk word. As die gemeente nie in hierdie gebiede gewerk het nie, kan ondervindinge vertel word oor getuieniswerk wat informeel of in die gemeente se gewone en sakegebied gedoen is. Reël vooraf dat uitsonderlike ondervindinge gedemonstreer word. Prys almal vir hulle ondersteuning van die ontoegekendegebied-kampanje.

Lied 101 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel