Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/05 bl. 1
  • Deel 9: Hou progressiewe Bybelstudies

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Deel 9: Hou progressiewe Bybelstudies
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Hou progressiewe Bybelstudies
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Hoe om ’n Bybelstudie te hou wat tot doop lei – Deel twee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Leer studente hoe om die Bybel te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Hoe om ander te help om gehoorsaam te wees aan Christus se bevele
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2005
km 5/05 bl. 1

Deel 9: Hou progressiewe Bybelstudies

Berei studente voor om informeel te getuig

1 Toe Andreas en Filippus besef dat Jesus die beloofde Messias is, moes hulle eenvoudig ander van die opwindende nuus vertel (Joh. 1:40-45). Wanneer Bybelstudente vandag geloof begin beoefen in wat hulle leer, word hulle eweneens beweeg om daaroor te praat (2 Kor. 4:13). Hoe kan ons hulle aanspoor om informeel te getuig en hulle voorberei om dit met welslae te doen?

2 Jy kan bloot die student vra of hy al met ander gepraat het oor wat hy uit die Bybel leer. Miskien is daar vriende en familielede wat hy kan nooi om die studie by te woon. Vra hom of enige van sy werksmaats, skoolmaats of ander kennisse belangstelling getoon het. So kan hy ’n getuienis begin gee. Help hom besef dat dit belangrik is om onderskeidingsvermoë aan die dag te lê en beleefd en vriendelik te wees wanneer hy met ander oor Jehovah God en sy voornemens praat.—Kol. 4:6; 2 Tim. 2:24, 25.

3 Wanneer hulle met ander praat: Dit is baie belangrik om Bybelstudente te leer om God se Woord te gebruik wanneer hulle met ander oor hulle oortuigings praat. Vra die student op sekere plekke tydens die studie: “Hoe sal jy die Bybel gebruik om hierdie waarheid aan jou gesin te verduidelik?” of “Watter Bybelteks sal jy gebruik om dit aan ’n vriend te bewys?” Kyk hoe hy reageer, en wys hom hoe om sy onderrigting op die Skrif te grond (2 Tim. 2:15). Sodoende sal jy die student voorberei om informeel te getuig en, wanneer hy aan die vereistes voldoen, saam met die gemeente aan die georganiseerde predikingswerk deel te neem.

4 Dit is verstandig om Bybelstudente voor te berei om teenstand die hoof te bied (Matt. 10:36; Luk. 8:13; 2 Tim. 3:12). Wanneer ander mense vrae oor Jehovah se Getuies vra of opmerkings oor hulle maak, kan dit vir studente die geleentheid bied om ’n getuienis te gee. Die brosjure Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle? kan hulle toerus om ‘gereed te wees om hulle te verdedig’ (1 Pet. 3:15). Dit voorsien juiste inligting wat nuwelinge kan gebruik om welmenende vriende en familielede te help om ons Bybelse oortuigings en bedrywighede te verstaan.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel