Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 9 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 8 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Mei en die Ontwaak! van 22 Mei aangebied kan word. Ander realistiese aanbiedings kan gebruik word. Demonstreer in een van die aanbiedings hoe die tydskrifte informeel op openbare vervoer aangebied kan word.
15 min: Gebruik God se Woord om die hart te bereik. ’n Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 1 Februarie 2005, bladsye 28-31. Ontleed hoe Jesus die Skrif gebruik het om Petrus te help. Bespreek hoe ons Jesus se voorbeeld kan volg wanneer dit nodig is om ons kinders en ons Bybelstudente se denke en gevoelens, en selfs ons eie, reg te stel.
20 min: “Stel ’n praktiese gesinsrooster op.” Hou ’n inleidende toespraak van hoogstens twee minute, waarin jy die waarde van ’n geskrewe rooster beklemtoon en bespreek hoe die leë rooster op bladsy 6 ingevul kan word. Hou dan ’n vraag-en-antwoord-bespreking van die artikel “Gesinsrooster—gemeentelike vergaderinge”. Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle voorkom dat ander bedrywighede op hulle gemeentelike vergaderinge inbreuk maak. Ander aspekte van die gesinsrooster sal in die komende weke bespreek word.
Lied 176 en slotgebed.
Week wat begin met 16 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: “Gesinsrooster—gesin se velddiens.”a Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor die voordele daarvan om gereeld as ’n gesin saam in die bediening te werk.
20 min: “Hou progressiewe Bybelstudies—Deel 9.”b Wanneer paragraaf 2 bespreek word, kan een of twee gedagtes uit Ons Koninkryksbediening vir Desember 2004, bladsy 8, beklemtoon word. Sluit ’n kort demonstrasie van ’n Bybelstudie in. Nadat les 2 in die Vereis-brosjure voltooi is, vra die studiehouer die student: “Hoe sal jy aan ’n vriend verduidelik wat God se naam is?” Die student verduidelik hoe hy Psalm 83:18 sal gebruik, waarna die studiehouer hom prys.
Lied 134 en slotgebed.
Week wat begin met 23 Mei
12 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gebruik die wenke op bladsy 8 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Junie en die Ontwaak! van 8 Junie aangebied kan word. Ander realistiese aanbiedings kan gebruik word.
18 min: “Jehovah se dag is naby.”c Raadpleeg die Daniël se profesie-boek, bladsy 59, paragraaf 28, wanneer hierdie deel voorberei word.
15 min: “Gesinsrooster—die gesinstudie.”d Reël voor die tyd dat een of twee kommentaar lewer oor wanneer hulle hulle gesinstudie hou en watter inspanning nodig is om dit gereeld te doen.
Lied 152 en slotgebed.
Week wat begin met 30 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Mei in te gee. Meld lektuuraanbod vir Junie. Demonstreer hoe dit aangebied kan word deur een of twee van die voorgestelde aanbiedings in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2005 te gebruik (as dit vir julle gebied gepas is). Ander praktiese aanbiedings kan gebruik word.
20 min: “Gesinsrooster—die dagteks.”e Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle gesin daarby baat vind om die dagteks saam te bespreek en wanneer dit vir hulle prakties is om dit te doen.
15 min: Vertel of demonstreer velddiensondervindinge wat verkondigers gedurende Maart, April en Mei geniet het. Reël voor die tyd dat een of twee kommentaar lewer oor hoe hulle hulle ingespan het om gedurende die Gedenkmaalseisoen meer in die bediening te doen en die seëninge wat hulle as gevolg daarvan geniet het.
Lied 115 en slotgebed.
Week wat begin met 6 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Kweek belangstelling deur middel van ’n tydskrifroete.”f Vestig die aandag op die Redenering-boek, bladsye 248-52, wanneer paragraaf 3 bespreek word. Hierdie inligting kan gebruik word om ’n aantal besprekings met net een teks voor te berei oor wat God se Koninkryk gaan doen. Sluit ’n demonstrasie in van hoe ’n verkondiger ’n bespreking met iemand op sy tydskrifroete kan hê deur net een teks te gebruik. Verkondiger moet die toepassing van die teks kortliks bespreek en toelig om die huisbewoner te help om dit reg te verstaan en die waarde daarvan in sy lewe te besef.
Lied 107 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
e Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
f Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.