Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Wagtoring 15 Mei
“Dink jy dat ons ooit ’n wêreld sonder armoede sal sien? [Wag vir ’n antwoord.] Kyk wat belowe God. [Lees Jesaja 65:21.] Hierdie Wagtoring bespreek hoe dié belofte vervul sal word.” Tref reëlings om terug te gaan en die vraag te bespreek: Wanneer sal hierdie beloofde verandering plaasvind?
Ontwaak! 22 Mei
“Die meeste mense het al gehoor dat oefening belangrik is vir goeie gesondheid, maar baie erken dat hulle nie genoeg oefen nie, nie waar nie? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif ondersoek die voordele van gereelde oefening en stel ’n paar maniere voor waarop ons dit in ons besige lewe kan inpas.”
Wagtoring 1 Jun.
“Hoewel feitlik almal oor vrede praat, het wêreldeenheid die mensdom nog altyd ontwyk. Dink jy dat dit net ’n droom is? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif vestig die aandag op ’n regering wat die wêreld kan verenig.” Lees Psalm 72:7, 8, en tref reëlings om terug te gaan en te bespreek hoe dit sal plaasvind.
Ontwaak! 8 Jun.
“Het jy opgelet dat baie mense besorg is oor die toename in velkanker? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie Ontwaak! ondersoek waarom ons vandag moontlik in groter gevaar verkeer en wat ons kan doen om ons te beskerm.” Sluit af met die vertroostende belofte in Job 33:25.