Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/05 bl. 4
  • Hersiening Vir Die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening Vir Die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2005
Ons Koninkryksbediening—2005
km 12/05 bl. 4

Hersiening Vir Die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 26 Desember 2005. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 7 November tot 26 Desember 2005. [Let wel: Waar daar geen verwysing ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]

SPRAAKHOEDANIGHEDE

1. Wat kan ons doen om te verseker dat ons ander “op grond van liefde” vermaan? (Filem. 9). [be-AF bl. 266]

2. Hoe kan ons “deur die gesonde leer . . . vermaan”? (Tit. 1:9). [be-AF bl. 267 par. 1-2]

3. Waarom is dit belangrik om seker te maak dat ons toesprake aanmoedigend is, en hoe kan ons dit doen? [be-AF bl. 268 par. 1-3, venster]

4. Hoe word ander met moed besiel wanneer ons, in navolging van Moses, hulle aandag vestig op wat Jehovah vir sy volk gedoen het? (Deut. 3:28; 31:1-8). [be-AF bl. 268 par. 5–bl. 269 par. 2]

5. Waarom sal dit ons gehoor aanmoedig as ons met vreugde praat oor wat Jehovah nou reeds doen en oor wat hy in die toekoms sal doen? [be-AF bl. 270-1]

TOESPRAAK NR. 1

6. Wat is die Septuagint, en waarom is dit vir Christene van belang? [si-AF bl. 307 par. 12–bl. 310 par. 14]

7. Wie was die Masorete, en watter belangrike bydraes het hulle tot Bybelvertaling gelewer? [si-AF bl. 310 par. 18; bl. 311 par. 20-1]

8. Wat is as grondteks gebruik vir die Hebreeuse deel van die New World Translation in Engels, en waarom kan daar gesê word dat hierdie vertaling gesaghebbend en betroubaar is? [si-AF bl. 312 par. 28, 30]

9. Hoe het vroeë Christene getoon dat hulle ’n vurige begeerte het om die Woord van God te publiseer? [si-AF bl. 315 par. 1-5]

10. Wat openbaar ’n studie van die bestaande manuskripte en teks van die Heilige Skrif omtrent die Bybel? [si-AF bl. 320 par. 32]

WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE

11. Toon die feit dat Dawid nie toegelaat is om die tempel te bou nie, dat Jehovah nie die oorloë goedgekeur het wat Dawid gevoer het nie? (1 Kron. 22:6-10).

12. Hoe het Salomo in sy gebed tydens die toewyding van die tempel erken dat Jehovah nie net let op die behoeftes van sy knegte as ’n groep nie maar ook bewus is van die unieke situasie van elke individu wat hom vrees? (2 Kron. 6:29, 30).

13. Wat is “die demone in bokgedaantes” waarna 2 Kronieke 11:15 verwys?

14. Hoe kan ons die verklaring dat Baäsa in “die ses-en-dertigste regeringsjaar van Asa” “teen Juda” opgetrek het, versoen met die verklaring dat Baäsa se heerskappy “in die derde jaar van Asa” begin het en net 24 jaar geduur het? (1 Kon. 15:33; 2 Kron. 16:1).

15. Hoe lig 2 Kronieke 20:22, 23 duidelik toe wat binnekort met Satan se wêreld gaan gebeur?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel