Hoe om studies met die Leer Bybel-boek te begin
Baie van ons sal graag ’n Bybelstudie hou as ons net die studie kan begin. Die nuwe boek Wat leer die Bybel werklik? kan ons hiermee help. Die doel van die voorwoord op bladsye 3-7 is om die huisbewoner met behulp van die publikasie by ’n Bybelbespreking te betrek. Selfs dié met beperkte ondervinding in die bediening sal dit maklik kan gebruik om studies te begin.
◼ Jy kan hierdie benadering probeer deur bladsy 3 te gebruik:
Nadat jy melding gemaak het van ’n nuusbrokkie of probleem wat mense in jou gebied kwel, kan jy die huisbewoner se aandag vestig op die vetgedrukte vrae op bladsy 3 en hom vra wat hy daarvan dink. Blaai dan na bladsye 4-5.
◼ Of dalk verkies jy om te begin deur die aandag op bladsye 4-5 te vestig:
Jy kan sê: “Sou dit nie wonderlik wees as die veranderinge wat hier geïllustreer word, werklik plaasvind nie?” Of jy kan vra: “Watter van hierdie beloftes sou jy graag vervul wou sien?” Luister aandagtig na die antwoord.
As die huisbewoner in een van die tekste belangstel, kan jy hom wys wat die Bybel oor die onderwerp leer deur te kyk na die paragrawe in die boek waar daardie teks bespreek word. (Sien die venster op hierdie bladsy van die byvoegsel.) Bespreek die materiaal net soos jy tydens ’n Bybelstudie sou doen. Dit kan in vyf tot tien minute tydens die eerste besoek by die deur gedoen word.
◼ ’n Ander benadering is om uit te vind wat die persoon dink deur bladsy 6 te gebruik:
Vestig die huisbewoner se aandag op die vrae onderaan die bladsy en vra: “Het jy al ooit oor enige van hierdie vrae gewonder?” As hy belangstelling in een van die vrae toon, kan jy na die paragrawe in die boek blaai waar die vraag beantwoord word. (Sien die venster op hierdie bladsy van die byvoegsel.) Terwyl julle die inligting saam bespreek, hou jy in werklikheid ’n Bybelstudie.
◼ Bladsy 7 kan gebruik word om ’n demonstrasie van ’n Bybelstudie in te lei:
Lees die eerste drie sinne op die bladsy. Blaai dan na hoofstuk 3 en demonstreer ’n studie met behulp van paragrawe 1-3. Reël om terug te kom sodat die antwoorde op die vrae in paragraaf 3 bespreek kan word.
◼ Hoe om ’n herbesoek te reël:
Aan die einde van die eerste studie kan jy reël om die bespreking voort te sit. Jy kan eenvoudig sê: “Ons het in net ’n paar minute gesien wat die Bybel oor ’n belangrike onderwerp leer. Volgende keer kan ons praat oor [noem ’n vraag wat bespreek sal word]. Kan ek volgende week weer dieselfde tyd terugkom?”
Namate Jehovah se vasgestelde tyd nader kom, gaan hy voort om ons toe te rus vir die taak wat ons moet verrig (Matt. 28:19, 20; 2 Tim. 3:17). Laat ons hierdie wonderlike nuwe instrument goed benut om Bybelstudies te begin.
[Venster op bladsy 3]
Bespreking van tekste op bladsye 4-5
◻ Openbaring 21:4 (bl. 27-8, par. 1-3)
◻ Jesaja 33:24; 35:5, 6 (bl. 36, par. 22)
◻ Johannes 5:28, 29 (bl. 72-3, par. 17-19)
◻ Psalm 72:16 (bl. 34, par. 19)
Antwoorde op vrae op bladsy 6
◻ Waarom ly ons? (bl. 108, par. 6-8)
◻ Hoe kan ons die sorge van die lewe die hoof bied? (bl. 184-5, par. 1-3)
◻ Hoe kan ons ons gesinslewe gelukkiger maak? (bl. 143, par. 20)
◻ Wat gebeur met ons wanneer ons sterf? (bl. 58-9, par. 5-6)
◻ Sal ons ons geliefdes wat gesterf het, ooit weer sien? (bl. 72-3, par. 17-19)
◻ Hoe kan ons seker wees dat God sy beloftes vir die toekoms sal nakom? (bl. 25, par. 17)