Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/10 bl. 3
  • Sal jy gedurende Oktober ’n Bybelstudie begin?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sal jy gedurende Oktober ’n Bybelstudie begin?
  • Ons Koninkryksbediening—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om studies met die Leer Bybel-boek te begin
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Gebruik dit by elke geleentheid
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Spesiale traktaatkampanje vanaf 20 Oktober–16 November!
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Ons het ’n nuwe hulpmiddel om studies te begin!
    Ons Koninkryksbediening—2001
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2010
km 9/10 bl. 3

Sal jy gedurende Oktober ’n Bybelstudie begin?

1. Wat is die aanbod vir Oktober?

1 Die aanbod vir Oktober is Die Wagtoring en die Ontwaak! Om die belangstelling verder te kweek, word ons aangespoor om die traktaat Die waarheid—Wil jy dit graag vind? aan te bied en te probeer om ’n Bybelstudie te begin. Hoe kan ons dit tydens die herbesoek doen?

2. Hoe kan ons die Waarheid-traktaat gebruik om ’n Bybelstudie te begin wanneer ons ’n herbesoek doen by iemand wat tydskrifte geneem het?

2 Hoe om die traktaat te gebruik: Ons kan sê: “Die tydskrifte wat ek by jou gelaat het, spoor mense van alle agtergronde en godsdienste aan om die Bybel te ondersoek. [Gee vir die huisbewoner die Waarheid-traktaat en wys na die vrae op die voorste bladsy.] Hier is ’n paar interessante vrae waarop die Bybel bevredigende antwoorde gee. Het jy al van hierdie vrae gevra?” Nadat die huisbewoner geantwoord het, kan ons die traktaat se antwoord op een van sy vrae bespreek en een van die teksverwysings lees. Verduidelik dan dat dit maar net een voorbeeld is van wat die Bybel leer, en gee vir hom ’n Leer Bybel-boek. Dan kan ons die inleidingsparagraaf bespreek van ’n hoofstuk wat hy uit die inhoudsopgawe kies. Of ons kan blaai na waar daar meer inligting is oor die onderwerp wat ons in die traktaat bespreek het. Hier is verwysings wat ons kan gebruik:

● Gee God werklik vir ons om? (bl. 9-11, par. 6-10)

● Sal oorlog en leiding ooit tot ’n einde kom? (bl. 12, par. 12-13)

● Wat gebeur met ons wanneer ons sterf? (bl. 59-60, par. 7-8)

● Is daar enige hoop vir die dooies? (bl. 71, par. 13-15)

● Hoe kan ek bid sodat God my sal verhoor? (bl. 166-167, par. 5-8)

● Hoe kan ek geluk in die lewe vind? (bl. 9, par. 4-5)

3. Hoe kan ons ons benadering afwissel na gelang van die omstandighede?

3 As omstandighede ons nie toelaat om tydens die eerste herbesoek ’n studie in die Leer Bybel-boek te begin en te demonstreer nie, kan ons natuurlik altyd reël om terug te gaan en ons bespreking voort te sit. En ons kan na gelang van die persoon se belangstelling selfs besluit om meer as een vraag in die traktaat tydens verskeie besoeke te bespreek voordat ons die boek vir hom wys. Laat ons gedurende Oktober hierdie veelsydige traktaat goed gebruik om ’n Bybelstudie te begin en opregtes van hart te help om “die waarheid [te] ken”.—Joh. 8:31, 32.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel