Aankondigings
◼ Januarie: Enige boek wat voor 1991 uitgegee is en wat die gemeente in voorraad het. As julle nie daarvan in voorraad het nie, kan julle gerus by nabygeleë gemeentes uitvind of hulle ’n groot voorraad ouer publikasies het wat julle kan gebruik. Gemeentes wat nie ouer boeke het nie, kan die Hou aan waak!-brosjure aanbied. Februarie: Kom nader aan Jehovah. Maart: Leer by die Groot Onderwyser. April: Die Wagtoring en Ontwaak!
◼ Aangesien April vyf volle naweke het, sal dit ’n uitstekende maand wees om hulppionierdiens te doen.
◼ Vanaf Februarie, en nie later as 5 Maart nie, sal kringopsieners die nuwe openbare toespraak hou met die tema: “Jy kan lewe in vrede geniet—nou en vir ewig!”
◼ Gemeentes moet gepaste reëlings tref om die Gedenkmaal vanjaar op Woensdag 12 April, ná sononder, te vier. Hoewel die toespraak vroeër kan begin, moet die embleme eers ná sononder omgestuur word. Doen plaaslik navraag oor hoe laat sononder in julle omgewing sal wees. Hoewel dit verkieslik is dat elke gemeente sy eie Gedenkmaalviering hou, is dit miskien nie altyd moontlik nie. As ’n paar gemeentes gewoonlik dieselfde Koninkryksaal gebruik, kan een of meer gemeentes daardie aand miskien ander fasiliteite gebruik. Ons stel voor dat daar, indien moontlik, ten minste 40 minute tussen die programme is sodat almal ten volle by die geleentheid kan baat vind. Verkeerstoestande en parkering moet ook in aanmerking geneem word, asook die feit dat passasiers op- en afgelaai moet word. Die liggaam van ouer manne moet besluit watter reëlings plaaslik die beste sal wees.
◼ Wanneer persoonlike reisplanne die bywoning van gemeentelike vergaderinge of ’n kring- of streekbyeenkoms in ’n ander land insluit, moet navrae oor datums, tye en plekke gestuur word na die takkantoor wat oor die werk in daardie land toesig hou. Sien die laaste bladsy van die jongste Yearbook vir takkantooradresse.
◼ Die takkantoor ontvang nog steeds pos sonder ’n afsendersadres op die koevert. Help asseblief die Posafdeling deur julle gemeente se naam en nommer, of jou naam en afsendersadres as dit persoonlike pos is, duidelik voor op die koevert in die boonste linkerhoek te skryf.
◼ Spesiale bedrywighede vir Maart, April en Mei: Maart, April en Mei is ’n tyd vir groter bedrywigheid. Baie verkondigers sal aan die hulppionierdiens deelneem. Ons spoor Diensopsieners aan om dadelik reëlings te begin tref vir die groter aandeel wat hulle gemeente aan velddiens sal hê, wat die reëlings vir die spesiale Tydskrifdag op 1 April 2006 insluit. Gemeentes moet spesiale aanvrae vir bykomende tydskrifte wat gedurende hierdie maande gebruik sal word, op die laatste teen 1 Februarie 2006 instuur. As laat bestellings ontvang word, kan ons nie waarborg dat ons genoeg tydskrifte sal hê nie.
◼ Presiderende opsiener en sekretaris: In die toekoms sal ons vragmotor net een keer per maand ’n aflewering doen. Die meeste briewe wat van die takkantoor af kom, sal per pos gestuur moet word. Maak asseblief seker dat julle die takkantoor van ’n betroubare posadres vir julle gemeente voorsien. Pos word dikwels aan die takkantoor teruggestuur omdat die posadres van party gemeentes verkeerd is of nie meer in gebruik is nie. Gebruik asseblief die “Verandering van presiderende opsiener se adres”-vorm (S-29) om die takkantoor van hierdie inligting te voorsien.
◼ Ter wille van die Portugeessprekende verkondigers en nuwe belangstellendes gee ons die datums van die spesiale byeenkomsdag en kringbyeenkoms in Portugees. Die spesiale byeenkomsdag in Johannesburg is vir 25 Februarie 2006 gereël. Nader aan hierdie datum kan julle gerus by die takkantoor uitvind waar dit gehou sal word. Die kringbyeenkoms in Portugees sal op 22, 23 Julie 2006 by die Eikenhof-Byeenkomssaal gehou word.
◼ Ons reël ’n spesiale byeenkomsdag in gebaretaal wat op 23 April 2006 by die Eikenhof-Byeenkomssaal gehou sal word. Dit sal die heel eerste spesiale byeenkomsdag wees wat heeltemal in gebaretaal aangebied word. Almal wat by die program sal baat vind, word hartlik uitgenooi om dit by te woon. Dit sal dalk groot onkoste behels om dit by te woon, maar dit sal mense in die dowe veld in Suid-Afrika en die buurlande die geleentheid gee om nader aan mekaar te kom.
Ons spesiale Tydskrifdag sal op 1 April 2006 val. Ons spoor almal aan om nou met hulle beplanning te begin sodat hulle vanjaar ’n volle aandeel daaraan kan hê. Kan jy gedurende April aan die hulppionierdiens deelneem?