Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/06 bl. 8
  • Gebruik visuele hulpmiddele om te onderrig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gebruik visuele hulpmiddele om te onderrig
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening​—⁠Gebruik video’s om te onderrig
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
  • Gebruik video’s om jou Bybelstudente te onderrig
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
  • Behoort ek na musiekvideo’s te kyk?
    Ontwaak!—2003
  • Gebruik video’s om ander te onderrig
    Ons Koninkryksbediening—2013
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 2/06 bl. 8

Gebruik visuele hulpmiddele om te onderrig

1. Hoe het Jehovah visuele hulpmiddele gebruik om sy eertydse knegte te onderrig, en met watter uitwerking?

1 Jehovah het soms visioene en drome gebruik om belangrike inligting aan sy eertydse knegte oor te dra. Dink aan Esegiël se visioen van Jehovah se hemelse strydwa (Eseg. 1:1-28). Stel jou voor hoe Daniël gevoel het nadat hy die profetiese droom ontvang het waarin die opmars van die wêreldmoondhede uitgebeeld is (Dan. 7:1-15, 28). En wat van die aangrypende openbaring wat “in tekens” aan die apostel Johannes gegee is, aangaande dinge wat tydens “die dag van die Here” sou plaasvind? (Op. 1:1, 10). Jehovah het helder kleure en dinamiese aksie gebruik om sy knegte te onderrig, en dit het ’n blywende indruk op hulle verstand gemaak.

2. Watter visuele hulpmiddele kan ons gebruik om Bybelwaarhede aan ander te leer?

2 As ons Bybelwaarhede op ’n kragtige manier wil oordra sodat ander dit nie maklik sal vergeet nie, kan ons eweneens ons video’s gebruik om hulle te onderrig. Ons video’s dek ’n wye verskeidenheid onderwerpe en bou vertroue op in die Bybel, in Jehovah se organisasie en in die beginsels wat ons Christelike lewenswyse verbeter. Kyk na ’n paar maniere waarop ons ons video’s kan gebruik om ander te onderrig. Die volgende is ’n paar voorbeelde van video’s wat gebruik kan word.

3. Wat kan jy gebruik om ’n Bybelstudent na die organisasie te rig?

3 In die bediening: Het jy al ’n Bybelstudent vertel van ons wêreldwye Christenbroederskap? Wys dit vir hom met die video Our Whole Association of Brothers. Leen dit vir hom sodat hy voor julle volgende studie daarna kan kyk of reël om met julle volgende studie saam daarna te kyk. Bespreek dan die hersieningsvrae wat in Ons Koninkryksbediening vir Oktober 2002 verskyn.

4. Watter onderrigmiddels kan ’n jong Getuie by die skool gebruik?

4 Jongmense, julle kan dalk met julle onderwyser praat oor die moontlikheid om vir julle klas die dokumentêre video’s Jehovah’s Witnesses Stand Firm Against Nazi Assault of Faithful Under Trials—Jehovah’s Witnesses in the Soviet Union te wys. Bied aan om ’n vraelys op te stel, en pas die vrae in Ons Koninkryksbediening vir Februarie 2003 aan sodat dit in die klaskamer bespreek kan word.

5. Wat het ouers tot hulle beskikking om tydens gesinstudies te gebruik?

5 Met vriende en familie: Ouers, dink net hoeveel julle kinders al gegroei het sedert die vrystelling van die video Young People Ask—How Can I Make Real Friends? Kyk gerus weer daarna tydens julle volgende gesinstudie. Ons Koninkryksbediening vir April 2002 sit vrae uiteen wat ’n lewendige en openhartige bespreking moontlik sal maak.

6. Hoe kan jy reël om ’n opbouende tyd saam met vriende deur te bring?

6 Is daar vriende in die gemeente wat julle na julle huis toe wil oornooi? As julle saam na die video Respect Jehovah’s Authority kyk, sal julle ’n opbouende aand geniet, veral as julle ná die tyd die lesse wat geleer is, hersien deur middel van die vrae in Ons Koninkryksbediening vir September 2004.

7. Aan watter moontlike geleenthede kan jy dink waar ons ons video’s kan gebruik?

7 Ander geleenthede: Op watter ander maniere kan jy ons 20 video’s gebruik? Kan dit iemand wat jy gereeld besoek, help om geestelike vooruitgang te maak as jy een of twee video’s vir hom wys? Kan jy dalk aanbied om die video’s by ’n plaaslike verpleeginrigting of by ’n sentrum vir senior burgers te wys? Kan die video’s help om die respek van bure, werksmaats en familielede wat nie Getuies is nie, te wen? Ons video’s is indrukwekkende, insiggewende en doeltreffende visuele hulpmiddele. Gebruik dit om ander te onderrig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel