Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 27 Februarie 2006. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 2 Januarie tot 27 Februarie 2006. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]
SPRAAKHOEDANIGHEDE
1. Hoe help die Teokratiese Bedieningskool ons om ‘aan God ’n lofoffer te bring en om sy naam in die openbaar bekend te maak’? (Heb. 13:15). [be-AF bl. 5 par. 3–bl. 6 par. 1]
2. Waarom moet ons ons inspan om akkuraat te lees? [be-AF bl. 83 par. 1–bl. 84 par. 1]
3. Waarom is dit belangrik om woorde duidelik uit te spreek wanneer ons praat en onderrig? [be-AF bl. 86 par. 1-6]
4. Waarom is regte uitspraak belangrik, en watter faktore moet in ag geneem word? [be-AF bl. 89 par. 1–bl. 90 par. 3, venster]
5. Watter wenke sal ons help om vlotter te praat? [be-AF bl. 94 par. 4-5, venster]
TOESPRAAK NR. 1
6. Hoe bevestig 2 Kronieke 36:17-23 die betroubaarheid van Bybelprofesieë? [si-AF bl. 84 par. 35]
7. Watter gebeure het dit vir die Jode moontlik gemaak om in 537 v.G.J. na hulle vaderland terug te keer om die huis van Jehovah te herbou? [si-AF bl. 85 par. 1-3]
8. Hoe verheerlik die boek Esra Jehovah as die ware God en bou dit vertroue in hom op? [si-AF bl. 87 par. 14, 18]
9. Waarom is “die twintigste jaar van koning Artasasta” belangrik in Bybelchronologie? (Neh. 2:1, 5, 6, 11, 17, 18). [si-AF bl. 88 par. 2, 5]
10. Hoe is Nehemia ’n goeie voorbeeld vir God se hedendaagse knegte? [si-AF bl. 90 par. 16-17]
WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE
11. Was die Urim en Tummim, wat gebruik is wanneer ’n antwoord van Jehovah verlang is, beskikbaar vir die ballinge wat teruggekeer het? (Esra 2:61-63).
12. Waarom wou baie Jode in Babilon nie saam met Esra na Jerusalem optrek nie? (Esra 7:28–8:20).
13. Hoe kon die werk om die muur te herbou met net een hand gedoen word? (Neh. 4:17, 18).
14. Waarom het Sanballat “’n oop brief” aan Nehemia gestuur, aangesien vertroulike briewe gewoonlik in ’n verseëlde sak gesit is? (Neh. 6:5).
15. Watter ander regstellende stappe het Nehemia gedoen, behalwe om die afvallige Jode te “verwyt”, soos hy vroeër met die vorste en die edeles gedoen het? (Neh. 13:25, 28).