Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/06 bl. 2
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Vind meer baat by die Teokratiese Bedieningskool
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • ’n Suksesvolle wêreldwye skool
    Ontwaak!—1995
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • ’n Skool wat ons toerus vir wat die heel belangrikste is
    Ons Koninkryksbediening—2002
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 9/06 bl. 2

Vraebus

◼ Is dit gepas om materiaal saam te stel wat in die Teokratiese Bedieningskool gebruik gaan word, en dit aan ander te versprei?

Dit is toelaatbaar om dit te doen vir die persoonlike gebruik van gesinslede en ’n paar goeie vriende. Maar sulke materiaal moet nie vir algemene verspreiding beskikbaar gestel word of in ruil vir geld voorsien word nie, aangesien dit ’n skending van kopieregwette sal wees.—Rom. 13:1.

Vir sekere toewysings op die Teokratiese Bedieningskool word slegs ’n tema voorsien; geen verwysings word as bronnemateriaal aangegee nie. Sal dit voordelig wees as iemand ’n lys van verwysings saamstel of navorsingsmateriaal voorberei wat gebruik kan word deur diegene wat sulke toewysings ontvang? Nee. Dit sal ook nie gepas wees om die antwoorde op die vrae in die Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool vir ander saam te stel nie, aangesien dit hulle nie sal help om belangrike gedagtes te onthou nie. Studente moet hulle eie navorsing doen. Dit is ’n belangrike aspek van die opleiding wat Jehovah deur middel van die skool voorsien om ons te help om te praat met “die tong . . . van dié wat geleer is”.—Jes. 50:4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel