Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Januarie: Hou aan waak!-brosjure. Indien julle nie hierdie brosjure in voorraad het nie, kan die Vereis-brosjure aangebied word. Februarie: Die geheim van gesinsgeluk. Maart: Wat leer die Bybel werklik? April: Die Wagtoring en Ontwaak!
◼ Aangesien Maart vyf volle naweke het, sal dit ’n uitstekende maand wees om hulppionierdiens te doen.
◼ Vanaf Februarie, en nie later as 2 Maart nie, sal kringopsieners die nuwe openbare toespraak hou met die tema: “Waar kan jy hulp kry in tye van benoudheid?”
◼ Gemeentes moet gepaste reëlings tref om die Gedenkmaal vanjaar op Saterdag 22 Maart, ná sononder, te hou. Hoewel die toespraak vroeër kan begin, moet die embleme eers ná sononder omgestuur word. Doen plaaslik navraag oor hoe laat sononder in julle omgewing sal wees. Hoewel dit verkieslik is dat elke gemeente sy eie Gedenkmaal hou, is dit miskien nie altyd moontlik nie. As ’n paar gemeentes gewoonlik dieselfde Koninkryksaal gebruik, kan een of meer gemeentes daardie aand miskien ander fasiliteite gebruik. Ons stel voor dat daar, indien moontlik, ten minste 40 minute tussen die programme is sodat almal ten volle by omgang ná die Gedenkmaal kan baat vind. Verkeerstoestande en parkering moet ook in aanmerking geneem word, asook die feit dat passasiers op- en afgelaai moet word. Die liggaam van ouer manne moet besluit watter reëlings plaaslik die beste sal wees.
◼ Gemeentelike sekretarisse moet seker maak dat hulle ’n pionieraanstellingsbrief (S-202) vir elke gewone pionier in die gemeente het. Indien nie, moet hulle na die takkantoor skryf.
◼ Party lektuurknegte het gevra wanneer hulle die Literature Request-vorm (S-14) moet instuur om die beste moontlike diens met die vragmotor te kry. Raadpleeg asseblief die afleweringsrooster vir julle vragmotorroete. Die Literature Request-vorm moet by die depot gelaat word ten minste ’n dag voor die datum waarop die vragmotor verwag word. Depot-opsieners moet sorg dat daar ’n duidelik gemerkte rakkie hiervoor is. Die vragmotorbestuurder sal die Literature Request-vorm saamneem, en as daar voorraad beskikbaar is, sal items met die volgende vragmotor afgelewer word. Die afleweringsiklus is vier tot vyf weke. Dit is belangrik om die Literature Request-vorm gereeld in te stuur, al het julle net ’n paar items nodig. As gemeentes die Literature Request-vorm nie betyds by die depot kan kry nie, moet hulle dit dadelik pos sodat dit die takkantoor bereik omstreeks dieselfde tyd as wat die vragmotor van sy roete terugkeer. Aanvrae word opgeteken en lektuur word vir die volgende vragmotor gepak kort nadat die vorige vragmotor van sy roete teruggekeer het, al is die volgende aflewering eers oor ’n paar weke.
◼ Presiderende opsieners moet seker maak dat hulle genoeg eksemplare van Ons Koninkryksbediening vir die gemeente ontvang, asook ’n paar ekstra. As hulle te veel ontvang, moet hulle die Magazine Request-vorm (M-202) gebruik om die gemeente se aanvraag te verminder. As hulle te min ontvang, kan die aanvraag op dieselfde manier vergroot word. Al die verkondigers moet ’n eksemplaar ontvang. Diegene wat die Diensvergadering gereeld bywoon en vooruitgang maak sodat hulle binnekort aan die veldbediening sal begin deelneem, moet ook ’n eksemplaar kry. Moenie vergeet om ’n eksemplaar vir die Koninkryksaal se biblioteek te hou nie. ’n Eksemplaar van Ons Koninkryksbediening moenie vir uitgesette persone gegee word nie.—Sien Vraebus in Ons Koninkryksbediening vir Februarie 1987.
◼ Ons waardeer die reaksie op ons opname oor Die Wagtoring in groot druk in Afrikaans, Suid-Sotho en Xhosa. Ons het toestemming gekry om hierdie grootdrukuitgawe in Suid-Sotho en Xhosa te druk, maar nie in Afrikaans nie, want ons het nie genoeg aanvrae gekry nie. Ons sal die resultate van die opname as ’n grondslag gebruik vir die aantal grootdrukuitgawes wat ons sal stuur. Ander gemeentes kan aanvrae instuur as dit nodig is. As julle gemeente op die opname gereageer het, sal julle dus outomaties Die Wagtoring in groot druk in Suid-Sotho en Xhosa ontvang volgens die hoeveelhede wat julle aangedui het.
◼ Weens die oorskakeling na die studie-uitgawe van Die Wagtoring in Venda en Kwanyama sal ons ’n eenmalige brosjure druk met studieartikels wat oorgeslaan is vir Desember. Hierdie brosjure sal outomaties na al die gemeentes gestuur word wat Ons Koninkryksbediening in Venda ontvang. Al die gemeentes wat Die Wagtoring in Kwanyama ontvang, sal ook ’n groot genoeg voorraad van hierdie brosjure kry.
◼ Van die week van 4 Augustus 2008 af sal ons Lewe met Jehovah se dag in gedagte by die Gemeentelike Boekstudie bestudeer.