Vraebus
◼ Watter twee publikasies moet met belangstellendes gestudeer word?
Ons gebruik hoofsaaklik die Leer Bybel-boek om Bybelstudies te begin en te hou. Hoewel daar geen beswaar daarteen is om ’n ander publikasie, soos ’n gepaste traktaat, te gebruik om ’n Bybelstudie te begin nie, moet verkondigers so gou as moontlik na die Leer Bybel-boek probeer oorskakel. Uitsonderlike resultate is al behaal deur die Leer Bybel-boek te gebruik om studies te begin.
Wanneer die Leer Bybel-boek voltooi is en die student vooruitgang maak, moet die Aanbid God-boek bestudeer word (Kol. 2:7). Bladsy 2 verduidelik wat die doel van hierdie boek is: “Die Bybel spoor almal wat God liefhet, aan om ‘verstandelik te begryp wat die . . . hoogte en diepte’ van sy kosbare waarhede is (Efesiërs 3:18). Hierdie boek is met dié doel voorberei. Ons hoop dat dit jou sal help om geestelik te groei en beter toegerus te wees om die nou pad te bewandel wat na die lewe in God se regverdige nuwe wêreld lei.”
As die student aan die vereistes voldoen om gedoop te word voordat hy albei boeke voltooi het, moet die studie voortgesit word totdat die tweede boek voltooi is. Al is die student gedoop, kan die studiehouer die tyd, die herbesoek en die Bybelstudie tel. ’n Verkondiger wat saam met die studiehouer gaan en aan die studie deelneem, kan ook die tyd tel.